JOU DAG

Vandag se sterre is voordelig vir intense navorsing en slim kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is uiters sjarmant, maar jy kan ook baie wispelturig en oppervlakkig wees! Jy moet die volgende 12 maande groot drome in praktiese werklikheid omskep.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is lief om die lewe met spontane oorgawe storm te loop. Vandag gaan egter die beste verloop as jy ’n ietwat meer strategiese en subtiele benadering volg. Deurdink alles dus eers versigtig voordat jy praat en optree!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Het jy geld op jou brein? Ondervind jy kontantvloeiprobleme? Wees kieskeurig en kort jou inkopielysie bietjie in sodat jy daarop kan konsentreer om praktiese noodsaaklikhede eerder as duur onbenullighede aan te skaf.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat ’n probleem by die werk of ’n huishoudelike drama betref, moet jy nie vandag dinge op sigwaarde aanvaar nie, Tweeling. Gebruik jou tyd om heelwat dieper te kyk. Daar skuil baie meer agter as wat jy dink.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Intieme verhouding verdiep en skuif na die volgende vlak. Jy gaan ook lus kry om jou te begeef in jou passie vir ’n gunstelingsport,

-stokperdjie of -reisbestemming. Daar gaan egter vertragings voorkom, so bly geduldig.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is tyd om die eenvoudige plesiertjies in die lewe te geniet, Leeu, hetsy dit ’n soentjie van ’n kind, ’n ontspannende bad of ’n wandeling in die park, is. Laat vaar nie-noodsaaklikhede en fokus op dit wat regtig vir jou belangrik is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius – jou heersende planeet – verbind met Pluto, dus, gebruik jou slim brein en los ’n probleem op, pak ’n raaisel aan of vlek ’n komplekse geheim oop. Alle soorte opvoeding en studies vind ook voordeel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Is jy sprakeloos gelaat? Dit is tyd om reguit en persoonlik te raak met ’n geliefde, Weegskaal, terwyl jy die verhouding fynkam en nuwe maniere ondersoek om kommunikasie te herstel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy werk graag hard, veral aan projekte wat jou gedagtes stimuleer en jou emosies raak. Jy is ook in ’n bui om oor jou gevoelens te praat, maar probeer om dit op ’n taktvolle en ontvanklike manier te doen.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Blitsige Boogskutters kan sukkel om op take te konsentreer. Vandag bedaar Mercurius en Pluto jou gedagtes en help jou om weer op koers te kom. Moenie die geleentheid verspeel om dinge gedoen te kry nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Is daar te veel base en te min klase in jou wêreld? Jy hou daarvan om in beheer te wees, maar samewerking en toegewing is tans die sleutels tot suksesvolle kommunikasie met ander mense.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die toekoms hang af van die doelwitte wat jy nou vir jouself stel. Ernstige Saturnus vra jou om jou planne ambisieus, dog prakties, te hou. Harde werk en geloof in jouself sal jou gestand doen, Waterdraer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met Saturnus wat deur jou beroepsone wentel, lyk die pad vorentoe klipperig en daar gaan baie ompaaie wees. Vasberade Visse moet nou met behae bo die uitdaging uittroon!

© Joanne Madeline Moore