JOU DAG

Probeer om vandag prakties en deernisvol te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is aantreklik en beredeneerd en leef teen ’n vinnige pas. In 2016 moet jy dinge ’n bietjie stadiger vat, meer nadink en fokus op die rigting waarin jy op pad is.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dis tyd om jou wêreld te vergroot met opwindende nuwe vriendskappe en internasionale kontakte. Jy is gretig om saam met mense te wees wat soos jy dink en dit vir almal suksesvol te laat uitwerk.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n wenresep om saghartig te wees en verstandige raad te bied vir geliefdes of kollegas. Moenie dinge oorkompliseer nie – hou sake eenvoudig.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy sal vinnig verveeld word met jou gewone roetine. Beplan dus iets spesiaals vir later vandag. Wees gereed vir die onverwagte wat ’n vriend of kennis betref.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met gedissiplineerde Saturnus in jou welstandsone moet jy ernstig oor jou gesondheid en fiksheid word. Dis tyd vir selftevrede Krewe om van die gemaklike rusbank af op te spring en aan die gang te kom!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou verhoudinge met ’n kind, tiener en vriend sal aangenaam en produktief wees – solank jy die drang om te kritiseer weerstaan. Vind praktiese maniere waarop jy meer in jou plaaslike gemeenskap kan bydra.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Ernstige Saturnus help vandag om jou veranderlike gedagtes te orden. Dit is dus die regte tyd om goed te studeer of vinnig deur papierwerk te kom wat jy ’n ruk lank uitgestel het. Smee die yster terwyl dit warm is!

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Het jy ’n voortslepende probleem met ’n gesinslid of buurman? Die maan moedig jou aan om deernisvol te wees terwyl Saturnus jou help om ’n praktiese oplossing vir ’n gespanne situasie te vind.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy probeer iemand oorreed om iets te doen, maar is hulle gereed vir jou intense en ietwat beherende benadering? Slim Skerpioene sal sjarme inspan om ander aan hul kant te kry.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is dikwels geneig om duur items te koop wat jy nie regtig nodig het nie. Hopelik sal jy met Saturnus se hulp vandag na jou verstandige kant luister en jou beursie toe hou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die maan en Saturnus help jou om met baie empatie en ’n praktiese plan deur die dag te kom. Emosionele energie en fisieke uithouvermoë is ’n wenkombinasie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Luister na jou instink om die antwoorde te kry waarna jy soek as jy ’n probleem het wat opgelos moet word. Wees proaktief en vra familie en vriende se hulp.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer om nie vandag by gesprekke oor geld betrokke te raak nie. Dink buite die boks en eksperimenteer met ’n avontuurlike, nuwe benadering wat werk en geldsake betref.