JOU DAG

Probeer die balans tussen kreatiwiteit en produktiwiteit regkry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou huidige motto kom van prins William, wat vandag 35 word. “My rigsnoerbeginsels in die lewe is om eerlik, opreg, bedagsaam en sorgsaam te wees.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Geniet dit net om vandag met familie of intieme vriende bande te smee. Moet hulle nie in die rede val en baasspelerig raak nie. Soms moet geliefdes hul eie foute maak, op hul eie, unieke manier.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy ’n probleem moet baasraak, sal jy sien ’n kombinasie van hart en verstand verrig vandag wondere. Moenie kortpaaie vat rakende die bestuur van geldsake en gesamentlike ondernemings nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Konsentreer op ’n wankelende verhouding met ’n geliefde en begin kommunikeer oor die probleme. Gebruik ook jou intuïsie om te fokus op hoe hy/sy werklik voel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou een helfte wil sosiaal wees en die wêreld aanvat, terwyl die ander helfte verlang na ’n bietjie vrede, stilte en privaatheid. Die oplossing? Handhaaf vandag ’n goeie balans en toor met albei kante.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n gelukkige dag vir werk terwyl die maan en Venus jou beroepsone bevorder. Moet egter nie kortpaaie vat nie; tans is harde werk die beste resep vir langtermynsukses.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Maagde floreer daarop om behendig en selfonderhoudend te wees, maar moenie te afgesonder raak van die mense om jou nie. Vra hulp as jy dit regtig nodig het; ander mense sit graag hand by.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

’n Persoonlike of professionele verhouding gaan ingewikkeld raak en kommunikasie stresvol. As jy jou indink hoe die ander mens voel, sal jy presies weet wat om te sê.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Vandag kan jy kies: Jy kan supersterk en oortuigend wees of kompulsief en beherend. Streef daarna om jou energie op heelwat meer positiewe en proaktiewe maniere te gebruik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag kan ’n misverstand tussen jou en ’n geliefde opduik, maar moenie bekommerd raak nie. Julle het albei ruimte nodig om jul gevoelens uit te sorteer. Daarna sal dinge weer koers kry.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Venus versterk jou kunstige sy, so kry ’n projek waarin jy jou werklik kan verdiep. Moet egter nie selfvoldaan wees nie. Hoe meer passie jy aan projekte wy, hoe gelukkiger sal jy voel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Aanvaar vandag huishoudelike pligte met ’n huppel in jou stap. ’n Geliefde kan hom/haar na jou wend vir tydige woorde van wysheid. As jy na binne kyk, sal jy die regte advies gee.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Kom vandag op die hoogte van persoonlike projekte terwyl jy skouer aan die wiel sit en georden raak. Dit is ’n uitstekende tyd om jou doelwitte en aspirasies vir die toekoms te vernuwe.


Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017