Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

As probleme vandag opduik, is ’n koel kompromis die antwoord.

AS JY VANDAG VERJAAR

Niemand doen dinge heeltemal soos jy nie. Wat ’n groot lewensbesluit in 2017 betref, moet jy jou intuïsie gebruik om jou in die regte rigting te stuur.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan hope tyd mors in hul poging om almal om hulle te probeer bestuur. As jy regtig vandag ’n situasie wil verander, moet jy werk aan die een mens wat jou kan beheer: jy self.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Weerstaan die drang om vandag op jou louere te rus. Ander mense voel gespanne en as jy nie die vrag help dra nie, gaan jou geliefdes jou duidelik laat verstaan hoe hulle voel.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Spraaksame Tweelinge: Het julle kommunikasieprobleme met ’n lid van die gesin of ’n intieme vriend/in? Moenie die situasie uit verband ruk en dinge sê waaroor jy later spyt gaan wees nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dit gaan vandag moeilik wees om op emosionele vlak by gesinslede aanklank te vind. En hoe veeleisender jy is, hoe meer sal hulle hulle onttrek. Streef daarna om meer selfvertroue te hê.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus hou daarvan om hulle uit te druk, maar kreatiwiteit is vandag ingeperk omdat jy ’n tydelike gebrek aan selfvertroue beleef en aan jou talente twyfel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Dit wat jy wil hê en dit wat jy nodig het, is vandag twee heeltemal verskillende dinge. Het jy ’n uitdaging wat jy nie alleen kan oorkom nie? Wees proaktief en roep ander se hulp in.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Is daar ’n verhoudingsprobleem wat jy nie kan oplos nie? Soek in jou binneste na die antwoorde. As jy ander mense se gedrag wil verander, moet jy altyd eers by jouself begin.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy moet vandag praktiese sake afhandel en jou idees duidelik uitdruk; anders kan jy probleme en misverstande verwag – veral as geld betrokke is.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Saturnus beweeg deur jou teken; daarom is dit tyd om meer prakties te wees. Jy kan met alle liefde na ’n wonderlike fantastiewêreld ontsnap, maar sorg net dat jy wanneer nodig kan terugkeer na die werklikheid.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Ontspan! Dis tyd om take te prioritiseer en dan deur dringende projekte te storm. Hoe meer dinge jy doen – terwyl jy jou pas markeer – hoe minder stresvol gaan die eise van die dag wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy gaan gou verveeld raak met alledaagse gesprekke, want jy wil uiteenlopende onderwerpe met ’n groot verskeidenheid interessante mense bespreek. Ander mense is egter vandag met hul eie probleme besig.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie tyd mors deur te peins oor die rigting waarin jou lewe beweeg nie. Saturnus vra jou om ’n belangrike persoonlike besluit te neem – voor iemand intree en dit namens jou doen.

© Joanne Madeline Moore