JOU DAG

Vandag is liefde en verantwoordelikheid onafskeidbaar van mekaar.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die sterretekens se dag van op en af gebore; dus is jy baie rusteloos. Jy moet in die komende jaar meer avontuurlustig raak by die werk en rustiger by die huis.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die grootste deug wat jy moet aankweek, is geduld, veral wat verhoudings betref. Ramme word aangevuur om te storm, maar vandag se boodskap is: Goeie dinge kom vir dié wat wag.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Langdurige liefde verg tyd en geduld. Jou leuse vir vandag kom dus van Ursula Le Guin: Liefde l?ê nie net daar soos ’n klip nie. Dit moet geknie word soos brood, altyd weer van nuuts af oorgeknie word.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is uitgehonger vir nuus en die nuutste inligting; bel dus ’n vriend(in) en gesels lekker lank. Maar moenie te lighartig raak nie, Tweeling . . . hy/sy wil dalk oor ernstige dinge praat.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy vandag geldsake of sakeaangeleenthede moet aanpak, sal ’n konserwatiewe benadering vrugte afwerp. Om huidige hulpbronne te beskerm is verkieslik bo kanse waag met nuwe ondernemings vol risiko’s.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat ’n probleem met ’n kind, tiener of ’n vriend betref, is daar geen kitsoplossings nie. Dis ’n geval van een tree vorentoe en twee terug – of sywaarts – maar jy sal op die ou end vordering maak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

As jy vandag te veel sloer, Maagd, gaan jy net berge van molshope maak. Baie dinge is aan die gebeur; hou dus op om so te tob en kry net die dinge agter die rug.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale in ’n verhouding, herinner jou maat aan jou liefde en toewyding. Enkellopendes – daar is ’n goeie kans dat jy liefde by ’n aanlyn vriendskapsklub kan kry. Maar dit gaan nie oornag gebeur nie; wees dus geduldig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Saturnus gee jou selfversekering ’n welkome hupstootjie terwyl jy ’n projek van stapel stuur, ’n groep toespreek of ’n nuwe idee uitvoer. Pas jou spoed aan namate jy take op jou bestendige Skerpioen-manier afhandel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy wil vinnig beweeg, maar mense om jou geniet ’n stadiger pas. Die sterre vra dat jy vandag deegliker sal wees, Boogskutter, terwyl jy projekte hersien en wag dat ander jou inhaal.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke in ’n verhouding, werk daaraan om die toewyding in jou verhouding te verdiep. Met harde werk en vasbeslotenheid kan jou liefde die mas opkom. Enkellopendes, wees geduldig en wag op die regte persoon.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers in ’n verhouding, kyk na jul verhouding soos wat julle na ’n tuin sal omsien, anders gaan dit nie floreer nie. Enkellopendes, julle kan aangetrokke voel tot iemand wat heelwat ouer en wyser as julle is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kyk realisties na jou werksituasie. Doen jy wat jy graag wil doen? Beweeg jy in die regte rigting? Indien nie, is dit dalk hoogtyd dat jy ’n paar praktiese en voordelige veranderings aanbring.