JOU DAG

Mercurius beweeg steeds agteruit; daarom is die tyd geleë om te wysig, na te gaan en te herbesoek.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is groothartig en dit is baie prettig om in jou geselskap te verkeer. 2016 is die jaar waarin jy ’n meer proaktiewe houding teenoor geld moet aankweek terwyl jy planne maak vir ’n veilige finansiële toekoms.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit voel miskien asof jy vandag een tree vorentoe en twee treë agteruit gee, want Saturnus verbrysel jou motivering en stuit jou energie. Vermy dus projekte wat ekstra energie en geesdrif verg.

Bul, 21 Apr.-21 Mei

Bulle, julle weet wat julle wil hê en wat julle nodig het, maar moenie van geliefdes verwag om gedagtes te lees nie. As julle nie duidelik uitstippel wat julle nodig het nie, hoe kan hulle julle op stuk van sake help?

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Mercurius – jou heersende planeet – wat tot 26 Januarie terugbeweeg, moet jy dubbel seker maak van alle reisreëlings. Verwag ook die volgende paar dae frustrerende probleme met motors of rekenaars.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe, verwag vandag wrywing tussen professionele eise en verantwoordelikhede ten opsigte van jou verhouding. Dis tyd om jou vaardighede met die doen van verskeie take op een slag, behoorlik te wys deur fyn voetwerk om aan teenoorgestelde behoeftes te voldoen.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou geduld is vandag op ’n laagtepunt – en irritasie hoog; dus sal dit nie veel verg om jou in ’n knorrige kat te laat ontaard nie. ’n Kind, tiener of vriend(in) kan ook ’n bron van eindelose frustrasie wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius beweeg steeds terug in jou liefdesoen; dus kan dit voel asof ’n romantiese verhouding ook in trurat is. ’n Tikkie geduld sal jou help om deur enige probleem te seil.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is die perfeksioniste van die diereriem. Met die maan as teenstander van Saturnus, moet jy die drang bedwing om superkrities te wees met jouself sowel as ander. Jou standaarde is hoog, maar moet hulle nie onmoontlik hoog maak nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verwag in die komende week ’n chaos ten opsigte van kommunikasie, want Mercurius is in trurat deur jou praat-, selfoonboodskap- en twietsone. Kies dus persone aan wie jy boodskappe stuur, uiters versigtig.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Sommige mense gaan vandag deur geen grappe of snaakse stories geamuseer word nie, Boogskutter. Saturnus is die oorsaak dat baie mense se lippe hang; dus moet jy daarna streef om liewer te konsentreer op persoonlike projekte.

BOK, 22 Des.-20 Jan.

Saturnus verhoog jou ambisie vandag … en jou puntenerige, kritiserende sy. Tyd dat jy jou eie prestasie verbeter voor jy begin om vir al die ander mense te vertel wat hulle moet doen!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy verkies om projekte met kort uitbarstings van elektriese energie aan te pak. Met vandag se Saturnus-aspek sal ’n geduldige, bestendige en volgehoue benadering dinge deegliker gedoen kry.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan vandag ongelooflik besluiteloos voel terwyl jy probeer om ’n situasie uit almal se oogpunt te beskou. As jy te tegemoetkomend is, sal jy eindelik bloot heeltemal verward voel!