JOU DAG

Vandag se kernwoorde is konsultasie en samewerking.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou inspirasie en opgewondenheid maak dat jy mal is daaroor om te sê wat jy dink. Die volgende 12 maande is die tyd om minder te stry en heelwat meer te ontspan en te luister.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Kommunikasie is vandag gunstig, maar maak seker jy konsentreer regtig op wat mense sê. As jy dinge aanvaar sonder om fyn te luister, kan jy skeeftrap.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Besigheids- en finansiële sake trek vandag voordeel – solank jy op die syfers konsentreer en nie kortpaaie vat nie. Intense navorsing nou sal later vrugte afwerp.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n goeie tyd om groepsprojekte met ekstra energie en toewyding te benader terwyl die son en Venus die kollig plaas op jou ware passies. Moenie net aanneem ander weet wat jy dink nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy stort heelwat energie in ’n uitdagende opdrag of ’n professionele projek, maar voel ’n geliefde dalk alleen en verstote? Met die maan wat in die Kreefteken is, moet jy daarna streef om die balans reg te kry.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Vandag gee die sterre jou selfvertroue ’n hupstoot, so maak seker jy wys ander wat in jou steek. As jy wil hê dinge by die werk moet verander, moet jy vinniger en slimmer dink.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met Saturnus en Mars wat albei jou tuistesone besoek, ry jou huishoudelike lewe wipplank. ’n Familielid gaan dalk jou hulp nodig kry, so maak tyd om met graagte hand by te sit.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Danksy jou natuurlike grasie en diplomatiese gedrag gaan enige probleme uitgestryk word wat vandag opduik. Wat sosiale media betref: Maak seker jy kyk twee keer voor jy iets stuur.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Mars wat nou agteruit deur jou geldsone beweeg, is jou finansiële situasie dalk nie so rooskleurig soos jy dink nie. Stel praktiese maatreëls in sodat jy minder spandeer en kontantvloei so aanhelp.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy kan ’n groepsprojek beïnvloed, maar moenie die geleentheid om ’n verskil te maak bederf deur uit jou beurt te praat nie. Probleme duik op as ’n mens oorhaastig reageer.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis die regte tyd om ’n geestelike dissipline soos joga of meditasie by jou daaglikse roetine in te werk. Andersins kan jou werklading en stresvlakke jou gesondheid en algemene welstand nadelig beïnvloed.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

’n Verhouding met ’n intieme vriend of kollega ly dalk skipbreuk. Gebruik jou voorgevoel om uit te werk wat die oorsaak is; dan sal jy weet wat die volgende stap moet wees.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe jy kommunikeer met kollegas, kopers of kliënte is tans lewensbelangrik. As jy alles deeglik deurdink, is die risiko vir foute skraler.