Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Die Boogskuttermaan bevoordeel vandag kreatiwiteit op kragtige en pragtige maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan uiters sjarmant wees as jy in die bui is. Hou jou stresvlakke dop in 2017 en maak seker jy versmoor nie jou familie en vriende nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dis belangrik om heerlike drome en fantastiese ambisies vir die tokoms te hê. Maak egter seker hulle is op die werklikheid gegrond. So nie gaan jy ’n verwarrende en onproduktiewe rigting inslaan.

BUL, 21 Apr. -21 Mei

Dis ’n fantastiese dag om kreatiewe dinge na te jaag. Dis egter nie so goed om koue, harde feite op ’n sinvolle wyse.aan te pak nie. Koester dus jou verbeeldingryke sy en los praktiese projekte vir ’n ander dag

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy vandag verwag dat projekte teen ’n knetterende vaart sal voortgaan, gaan jy erg teleurgestel word, Tweeling. Alles gaan langer neem as wat jy verwag. En daar gaan velerlei afdraaipaaie langs die pad wees wat jou aandag aflei.

KREEF, 22 Jun.- 23 Jul.

Dis tyd om ’n kreatiewe Kreef te wees, terwyl jy vandag ekstra inspirasie op verre plekke en by vriende in die vreemde soek. Moet egter nie belangrike besluite rakende die werk neem voordat jy nie helderder kan dink nie.

LEEU, 24 Jul-23 Aug.

Tyd wat vandag saam met kinders, kollegas of vriende deurgebring word, is in die kollig. Verwag egter verwarrende misverstande en ’n geharwar langs die pad. Konsentreer dus op die dinge wat julle in gemeen het.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Maagde is erge perfeksioniste maar vandag gaan dinge nie glad verloop nie. As jy jou by veranderende omstandighede aanpas – en misverstande met grasie aanvaar – sal jy heeltemal goed regkom.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wat huidige werkskwessies betref geld die feit dat hoe meer kreatief jy is, hoe beter sal die resultaat wees. Kommunikasie met ander mense gaan egter vandag deurmekaar wees, dus moet jy probeer om duidelik en bondig te praat.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verhoog jou finansiële geletterdheid deur te lees en nuwe vaardighede by ’n deskundige te leer. Hoe meer gefokus jy is, hoe beter sal; jou fiskale toekoms wees. Hou egter geld en vriende apart.

BOOGSKUTTER, 23 Nov -21 Des.

Opgesweepte Boogskutters is gereed vir aksie maar dit beteken ook nou nie jou eerste gedagte of idee is die beste een nie. Kyk binnetoe en luister na die Boogskutter in jou binneste. Dit sal jou in die regte rigting stuur.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Regstreekse en spontane gesindheid werk goed met ’n familielid. As jy egter betrokke is by’n kwessie rakende ’n buurman of die plaaslike gemeenskap, mag die situasie moontlik nie so eenvoudig wees soos wat die lyk nie.

WATERDRAER, 21 Jan-19 Feb.

Moenie belangrike skuiwe maak ten opsigte van geldsake nie, aangesien Neptunus jou finansiële antennes deurmekaarkrap. Voordat jy geld aan ’n groep, klub of liefdadigheidsprojek toesê, moet jy eers al die tersaaklike ondersoeke doen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Alles is nie vandag soos wat dit voorkom nie, en jy voel miskien onseker of deurmekaar. As iemand jou iets vertel wat nie heeltemal reg klink nie, maak seker jy gaan alles behoorlik na voordat jy reageer.

© Joanne Madeline Moore