Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

As jy nie verstaan wat iemand bedoel nie, vra ’n verduideliking.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om nie behep te wees met die verlede nie. Jou leuse vir 2016 kom van die beroemde Dr. Seuss: “Moenie huil omdat dit verby is nie. Glimlag omdat dit gebeur het.”

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is ’n dag waarop die onderskeid tussen feit en fiksie maklik vervaag. Jou verbeelding is vuur en vlam, maar die tyd is nie nou geleë om belangrike besluite te neem nie. Wees ’n geduldige Ram en wag.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag alles glo wat julle hoor nie, Bulle – veral nie van ’n vriend of kollega nie. Miskien het hy/sy die waarheid effens aangepas of het jy dalk net nie mooi verstaan wat bedoel word nie?

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat intieme verhoudings betref, moet jy nie vandag enigsins oorreageer nie. As jy ’n sensitiewe saak verstandig en prakties aanpak, sal die uitslag jou aangenaam verras.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Rol jou moue op en wees ’n gedissiplineerde Kreef. Herbeplan jou daaglikse roetine; rangskik take volgens hul belangrikheid en maak dit meer vaartbelyn; ruim baie tyd in vir vars lug en oefen in die buitelug.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Venus besoek jou verhoudingsone nog tot 12 Maart; dus is die tyd ryp om te vergewe en te vergeet, en die vrede te herstel. Die sleutel tot vreedsame verhoudings is kalm samewerking.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Nuuskierige Maagde, let op! Moenie vandag dinge op sigwaarde aanvaar nie; kyk ’n bietjie dieper. As jy met ander saamwerk en hard werk, sal jy iets vermag wat op die lange duur van waarde is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wat ’n intieme verhouding betref, moet jy vasklou aan dit wat werk en jou bes doen om dit te verander wat verhoed dat julle die verhouding verder voer. Kommunikasie gee die deurslag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Vriend(in) vertel jou iets verrassends, maar maak seker van die feite voor jy dit oordra. As jy die betekenis verkeerd interpreteer, kan jy met ’n misverstand opgeskeep sit.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag word die klem gelê op kommunikasie, veral met familie en bure; verwag dus heelwat telefoonoproepe, selfoonboodskappe en e-posse. Dink eers goed na voor jy ’n ondeurdagte boodskap aan ’n gespanne familielid oordra.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat jy sê – en wat ander hoor – kan vandag hemelsbreed verskil, Steenbok, aangesien kommunikasie so effens verwarrend is. Ruim dus tyd in om jou bedoeling sorgvuldig te verduidelik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy wil graag voortgaan met ’n ambisieuse projek, maar is alles vir jou duidelik? Is daar nie dalk ’n paar fyn verstellings nodig voor jy ’n splinternuwe rigting inslaan nie?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag loop jy op ’n smal lyntjie tussen geïnspireerde dromer en misleidende konkelaar. Jou verbeelding is aan die brand, maar moenie in vervoering raak oor onrealistiese idees nie.