JOU DAG

Die sterre is gunstig vir avontuur en hope pret.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is selfversekerd en smag na verskeidenheid. Volgende April en Julie is die beste tyd om verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal suksesvol wees as jy baie moeite doen om jou doelwitte vir 2016 te formuleer en dit goed aan ander oordra. Moenie sosiale media buite rekening laat nie!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dit sal moeilik wees om huistake en werkspligte te balanseer. Doen jou bes om alles gedoen te kry. As jy werk soek, is nou ’n goeie tyd om te begin uitkyk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou verstand is honger vir stimulering. Dit is ’n fantastiese dag om ’n blokkiesraaisel in te vul, skaak te speel, ’n avontuurverhaal te lees of iets nuuts te probeer doen.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met ernstige Saturnus in jou welstandsone moet jy seker maak jy oefen en eet goed en dat jou kontrolebesoeke aan die dokter op datum is. Dissipline is nodig om gesond te bly.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is lus om gesellig te verkeer en gulhartig en ietwat eksperimenterend te wees. Jy wil hê ’n verhouding moet romanties ontwikkel, maar onthou, dis maklik om beloftes te maak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Vandag sal sake meer vlot verloop as jy agter die skerms werk, waarneem en die krag agter die besluitnemers is. Wat jy dink en voel sal met mekaar in stryd wees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

As jy jouself die tyd en ruimte gun om te dagdroom, te visualiseer en jou verbeelding te gebruik, sal jy ’n kreatiewe oplossing vir ’n dringende probleem vind. Laat jou onderbewussyn die werk doen!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Verwag ’n produktiewe vloei van kommunikasie. Jy bestee tyd saam met ander en neem aan ernstige, informatiewe gesprekke deel. Daar is altyd iets nuuts om te leer!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters doen niks halfhartig nie! Met vandag se stimulerende, impulsiewe sterre is die kanse goed dat jy met ’n verhouding of projek oorboord sal gaan. Maak net seker jy maak klaar wat jy begin het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Kombinasie van proaktiwiteit en diplomasie sal vir die beste resultate sorg wanneer jy met kollegas, kliënte of klante te doen het.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die avontuurlustige Waterdraer wil vandag vry wees weens die positiewe ligging van Mercurius en Uranus. Jy is ook lus om iets nuuts te leer.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Maak seker jy dra jou verwagtings oor geldsake duidelik aan ander oor. As jy almal op hoogte hou, is die kanse kleiner dat daar misverstande kan wees.