JOU DAG

Energievlakke gaan hoog wees, maar gebruik tyd om dinge deur te praat.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie veelsydig en aanpasbaar. Jy moet in die komende 12 maande meer aktief betrokke raak by die lewe van jou familie en vriende.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Kreatiwiteit en sosialisering is vandag se gonswoorde terwyl jy in styl rondgaan. Alle take wat stamina, vasberadenheid en konsentrasie verg, word bevoordeel. Dan kan jy ontspan ná ’n welgedane taak.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Die harde werk wat jy aan jou gesin wy, sal later beslis die moeite loon. Maar moenie net praat oor dit wat jy gaan doen nie. Laat jou dade jou verbondenheid bewys.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Luister mooi, want jou maat het verstandige raad wat jy moet hoor. Enkellopend? Jy het ’n bewonderaar, maar maak seker dat die persoon hom- of haarself bewys voor julle saam die romantiese sonsondergang tegemoet ry.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Jou buie gaan vandag wissel na gelang van jou geaardheid. ’n Vriend of kollega is entoesiasties oor ’n projek. Jy moet net seker maak jy gaan die feite, syfers en finansies na voor jy jou verbind.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Die son en Mars gee jou energie en selfvertroue vandag ’n hupstoot. Dit is dus tyd om die Kat-sjarme uit te haal, kreatief te wees, te oefen of ’n uitdagende persoonlike projek te takel.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Jy sien net die helfte van die prentjie as jy besluite neem wat net op gesonde verstand gegrond is. Leer om na die wysheid van die stemmetjie in jou binneste te luister. Jou intuïsie sal vir jou die regte pad aandui.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Logiese Weegskaal, is daar ’n besluit wat wag om geneem te word of ’n probleem wat opgelos moet word? Die sterre moedig jou aan om na binne te kyk vir die wyse antwoorde wat jy soek.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Jy is geneig om jou ware gevoelens te verberg uit vrees dat jy te veel van jouself sal onthul en jou swakhede sal blootlê. Maar dit is tyd om proaktief te wees en belangrike sake met ’n kollega te bespreek.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Haai, Boogskutter, het jy ’n ernstige plan vir die toekoms? Dit is tyd om meer proaktief te wees oor jou doelwitte en versugtinge. Moet hulle nie miskien op die een of ander manier verstel of hersien word nie?

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan

Jy kan ongeduldig raak met sommige mense se gebrek aan inisiatief en entoesiasme, maar dit is nie nou die tyd om knoppies te druk nie. Wees ook ekstra versigtig ten opsigte van boodskappe wat jy in die sosiale media stuur.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Die son en Mars beweeg deur jou verhoudingsone en stem jou in die luim vir geselskap en gesprekvoering. Onafhanklike projekte is dus tydelik uit en kreatiewe oorlegpleging is in.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Voel dit asof die lewe net uit werk bestaan en geen pret nie? Hou moed, Visse! Die professionele vaardighede wat jy nou poets, sal in die toekoms die moeite loon. Onthou om jouself stewig te anker en babatreetjies te gee.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.