.

JOU DAG

Mars en Pluto wat by mekaar inhaak, sorg vir ’n hoogs plofbare dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is lief vir gesels en geniet ’n lewendige debat. Hou in 2017 jou stresvlakke dop en maak seker jy mors nie te veel tyd deur met ander mense te stry nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Daar is vandag ’n moontlikheid vir kragstruwelings, veral met gesagsfigure of kollegas. Jy sal sien hoe veeleisender jy is, hoe moeiliker is die dag.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie te rigied wees wat verhoudingskwessies betref nie. Daar is tans vele skakerings van grys ter sprake terwyl jy rigting kry en deur ’n konstant veranderende landskap navigeer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie vandag die positiewe uitwerking onderskat wat jy op die mense om jou kan hê nie. Persoonlike projekte moet vir eers eenkant toe geskuif word terwyl jy jou moue oprol en ander help.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings lyk vol probleme terwyl jy – of ’n geliefde – bevele en ultimatums uitdeel. Meer toegewing en samewerking is nodig as julle trane voor slaaptyd wil verhoed.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Vandag lyk taamlik stresvol met iets of iemand wat jou irriteer en jou beperkte Leeu-geduld beproef. Maak ook seker jy verbind jou nie tot ’n projek voor jy nie eers al die nodige navorsing gedoen het nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy is vandag op jou geselserige beste en onsensitiewe slegste. Jy het baie op die hart. Maak seker jy ruim tyd in om te luister, veral na ’n kind, ouer, tiener of vriend met probleme.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Waar ’n werk- of gesinsaak betrokke is, gaan jy dalk moeilike vrae moet vra as jy wil uitvind wat werklik aangaan. Jy gaan min bereik as jy op die draad bly sit.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Mars verbind met jou kragplaneet, Pluto, wat jou temperamentele sy en beheerbehepte neigings aanmoedig. Jy sal sien hoe hardkoppiger jy is, hoe uitdagender raak die dag.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag word kommunikasie, kontak maak en kreatiewe gesprekvoering met ander bevoordeel. Moenie by hewige argumente oor geldsake of persoonlike waardes betrokke raak nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Om ’n humeurige en baasspelerige Steenbok te wees, gaan jou vandag nêrens bring nie. Om jou verhoudings te verbeter, sal jy geliefdes heelwat persoonlike beweegruimte moet gee.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Let vandag op hoe jy met ander mense kommunikeer. As jy vinnige gevolgtrekkings maak of jou ore uitleen aan ligsinnige opmerkings, gaan jy met misverstande te doen kry. Neem dus jou tyd om regtig mooi na ander mense te luister.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Groepsaktiwiteite lyk vol probleme aangesien iemand intree en probeer oorneem. Jou natuurlike reaksie is om te begin hiberneer. Hoe passiewer jy raak, hoe stresvoller gaan die dag raak.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016