JOU DAG

Poog om die balans tussen georgarganiseerd en spontaan wees reg te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is emosioneel en kan temperateel wees.  Die komende Janutrie en Februarie is die beste maande om verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jupiter voeg vandag ’n bietjie elektriese opwinding by ’n intieme verhouding.  Enkellopend?  Soek ’n potensiële vryer met ’n sigeunersiel.  Iemand van buite jou gemaksone wat jou op ’n groot avontuurtog kan neem.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Markeer jou pas vandag.  Indien jy navorsing of boekwerk moet doen of rekeninge betaal, moet jy seker maak jy neem jou tyd en moenie jaag nie.  Wat ’n gesinsaak betref, moet jy die kommunikasiekanale oophou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Ons roep alle Tweelinge!  Dis ’n fantastiese dag om in verbinding te kom met intieme vriende in verre streke, interessante nuwe verbindings te maak of ’n wankelende vriendskap nader aan huis en haard te stabiliseer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Voel jy vasgekeer by die werk?  Of het jy ekstra geld dringend nodig?  Die planete moedig jou aan om ’n slim, berekende risiko te waag terwyl jy dinge opkikker met ’n slim, nuwe geldmaakpoging.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om te meng en met mense om te gaan, te praat en teksboodskappe te stuur, gesprekke te voer en te kommunikeer.  Maar jy moet ook jou voete stewig op die aarde hou.  As jy spelerig en prakties is, sal jy ’n bevredigende dag hê.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Oppervlakkige geselsies gaan nie vandag gewaardeer word nie.  Moenie oor die oppervlak skeer nie.  Dis tyd om versigtiger te wees en aansienlik dieper te delf.  ’n Spesiale verhouding raak opwindender soos die dag vorder.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dis tyd om doelwitte te stel  n groot toekomsdrome te droom.  En moet hulle nie alte veilig en verstandig maak nie!  Reik na goud, want Jupiter en Venus help jou met die visualisering van ambisieuse drome en kreatiewe planne.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hou jy vas aan ’n grief?  Die sterre moedig jou aan om die verlede te begrawe terwyl jy vergewe en vergeet.  “Daar bestaan geen liefde sonder vergifnis nie en daar bestaan geen vergifnis sonder liefde nie,” Bryant McGill.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Fokus op oorvloed, terwyl jy die lewe geniet en ander mense help.  Jou huidige motto kom van jou mede-Boogskutter, Mark Twain: “Gee elke dag die kans om die mooiste dag in jou lewe te raak.”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jupiter, die welvaartsplaneet, beweeg deur jou loopbaansone, dus is dit tyd om stimulerende maniere te soek om tevredenheid met jou werk te verhoog.  Daar is invloedryke mense wat maar te bly sal wees om te help.  Jy hoef net te vra.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Bekyk jou doelwitte en strewes op ’n praktiese manier.  Doen jy wat jy graag wil doen?  Is jy in die regte rigting op pad?  Miskien is dit hoog tyd om meer avontuurlik te wees en jou planne ’n paar kinkels te gee?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vra om hulp as jy oorlaai is by die werk.  Deel jou doelwitte en strewes met ’n vertroude vriend/in of familielid.  Dis sal jou selfvertroue ’n hupstoot gee terwyl jy poog om jou drome te bewaarheid.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017