JOU DAG

Maak seker jy voer vandag gesprekke met soveel moontlik mense.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou intuïsie is jou grootste bondgenoot. Maak dus seker jy gebruik dit! In 2016 moet jy meer balans en harmonie in jou besige lewe bewerkstellig.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie te selfversorgend wees nie! Die kollig val op naby verhoudings en jy sal vind jy kan baie by diep gesprekke, gesamentlike ondernemings en gedeelde belange baatvind.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is vandag baie weetgierig. As jy jou regterbrein-kreatiwiteit en jou linkerbrein-logika kan balanseer, sal jy ’n bevredigende dag hê. Die omstandighede is gunstig vir allerhande soorte kommunikasie en sosiale media.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar is steeds ’n verbinding tussen die son en Mercurius. Dit is dus die ideale tyd om inligting bymekaar te maak en die talle beskikbare opsies te oorweeg. Maar moenie groot stappe voor later in die week neem nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die son en Mercurius aktiveer jou vermaaksone en jy is vreeslik weetgierig. Dis tyd om van jou gewone roetine weg te breek en opwindende, nuwe opsies te ondersoek.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Baie Leeus is gretig om navorsing oor ’n onderwerp te doen of ’n diep, betekenisvolle gesprek met iemand spesiaals te voer. Jy het ’n goeie verstand – moenie bang wees om dit te gebruik nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die gonswoord is kommunikasie. Jy is lus om te gesels en kuier. Ander sal kennis neem van jou opmerkings – kies dus jou gespreksonderwerpe wys.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dit sal vandag maklik wees om te sê hoe jy voel. Jy maak jou hart oop en laat ander jou ware gevoelens sien. Dis ook ’n wonderlike tyd om ’n nuwe vaardigheid tuis of by die werk te bemeester.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die omstandighede is goed vir oorpeinsing of geestelike ondersoek. Jy is gretig om konsepte beter te verstaan. Skenk aandag aan jou drome – probeer hulle iets vir jou sê?

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit hou baie voordele in om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Sê hoe jy voel. Ander is gretig om te hoor wat jy te sê het en jou eerlikheid sal waardeer word.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd om jou professionele perspektief te verbreed, belangrike inligting van ’n kollega in te neem of jouself tot verdere studie te verbind. Die weetgierige Steenbok kan altyd nóg iets leer!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met die maan in jou teken straal jy sjarme uit. Dis ’n fantastiese dag om saam met vriende te kuier wat soos jy dink en dieselfde drome as jy koester.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se avontuurlike sterre stimuleer jou weetgierigheid en kreatiwiteit. Wees versigtig om nie so meegevoer met groot planne te wees dat jy belangrike besonderhede onderweg daarheen miskyk nie.