Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Familie, kreatiwiteit, meelewendheid en die koestering van ander mense is volgens vandag se sterre gunstig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n verantwoordelike mens en help graag die mense rondom jou. Neem dinge vanjaar ’n bietjie stadiger en luister na die wysheid van die stemmetjie in jou binneste.

RAM, 21 Mrt.-20 April

Onoordeelkundige optrede of vurige woorde kan julle vandag in die moeilikheid laat beland. Probeer om uit die moeilikheid te bly en hou kop. Wees ekstra versigtig as jy fietsry of motor bestuur.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy het ander mense aan jou kant nodig om vooruitgang te maak. ’n Inklusiewe benadering lei tot verbeterde kommunikasie en samewerking, maar nie sonder ’n klompie proefdramas langs die pad nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat groepaktiwiteite en sosiale netwerkvorming betref, moet jy vandag die onverwagte verwag. Stadig oor die klippe. As jy te vinnig reageer op veranderende omstandighede, kan dit jou later berou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Persoonlike of professionele verhouding het aandag nodig. ’n Buigsame benadering help om aanpassings te vergemaklik. Hoe meer jy die nodige veranderings weerstaan, hoe moeiliker gaan dit wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hoe meer jy kommunikeer, hoe meer sal jy die dag geniet. Verhoudings met familielede en bure sal aangenaam wees, solank jy net nie ’n onskuldige opmerking uit verband ruk nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Geldsake lyk onvoorspelbaar; stel eerder belangrike onderhandelings rakende finansies uit tot ’n ander dag. Groepaktiwiteite lyk gunstig, solank jy jou kan versoen met ’n klomp uiteenlopende sienswyses.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou emosies gaan vandag wipplank ry; moenie groot besluite neem wat teen môre geen sin gaan maak nie. Streef daarna om jou besig en uit die moeilikheid te hou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal ’n produktiewe dag hê indien jy rasionele redenering met intuïtiewe insig balanseer. Maar as jy probeer om ’n ontwikkelende situasie te beheer, kan jy in die verleentheid gestel word.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy te ongeërg is in jou benadering, veral wat geld, kinders of vriende betref, sal jy vandag met probleme te doen kry. Deurdink dinge goed voor jy optree.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan dalk vandag by die werk in die kollig beland. Bly kalm. Soek kreatiewe oplossings vir praktiese probleme. As jy twyfel, moet jy nie huiwer om ander mense om hulp te vra nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Loslippigheid laat vandag skepe sink; wees dus versigtig met wat jy sê en aan wie jy dit sê. As jy twyfel, is dit die beste om jou kop te laat sak, voort te gaan met jou werk en jou mond te hou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Geniet vandag die geselskap van kinders terwyl jy uit die spelerige kind in jou binneste put. Wat ernstige geldsake betref, moet jy probeer om dit op ’n verantwoordelike en volwasse manier te hanteer.