JOU DAG

Kalm samewerking gaan jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Soek vanjaar manier maniere om jou aandag minder te laat afdwaal en jou meer te help fokus. Mik ook daarna om die verhouding tussen werkpligte en persoonlike projekte reg te kry.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag gaan jy uitgelate en skoorsoekerig voel. Maar jy verset jou op jou eie risiko teen gesagsfigure! Die Maan is in die Weegskaal; dus is ’n meer subtiele en konsulterende benadering dalk die beste raad.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie in jou ou weë verval nie. Wat probleme by die werk, internasionale kontakte of jou welsyn betref, volg vir eers die goue middeweg na gesondheid en geluk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Probeer ander se menings respekteer, want die Maan beweeg deur die saamwerkteken, Weegskaal. As jy in so ’n bui is, word sport, stokperdjies, kreatiewe projekte en vriendskappe in die besonder bevoordeel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Gebruik jou aansienlike Kreefsjarme om huidige verhoudingsprobleme uit te stryk. As jy empatie het met ’n gefrustreerde lid van die gesin, gaan dit help om hom/haar af te koel en voort te gaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy het tans baie hooi op jou vurke, maar jy kan dit baasraak, Leeu. Die Maan beweeg deur die diplomatieke Weegskaal; dus moet jy daarna mik om kalm en bedagsaam te wees, pleks van baasspelerig en strydlustig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus besoek jou verhoudingsone. Dus moet jy begin gesels en saamwerk met familie en vriende. Vind uit wat hulle dink en hoe hulle voel. Alles draai nie net om jou nie, Maagd!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Daar kan wrywing wees tussen dit wat jy wil hê en dit wat ander nodig het – veral tuis. Dit is tyd dat diplomatieke Weegskale die geheelbeeld sien en toegewings maak, anders gaan daar probleme wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal dalk nie hou van wat jy hoor terwyl jy die mense om jou van jou menings probeer oortuig nie. Kompromie en beraadslaging gee vandag die deurslag wat verhoudingsharmonie en gemoedsrus betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die Maan laat die klem val op jou verwagtings, drome en versugtings; dus is die tyd geleë om jou emosionele energie ter wille van jou doelwitte in te span. Stel ’n wenslysie op wat ’n aksieplan kan word.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Son, Mercurius en Pluto is almal in jou teken, en dit sal die beheptheid met beheer in sommige Steenbokke na vore bring. Maar, pleks van ander mense te manipuleer, hoekom nie liewer met hulle saamwerk nie?

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dryf onbewuste begeertes jou op die oomblik aan? Kyk van nader na jou innerlike motiverings, Waterdraer. Is hulle dalk besig om jou in ’n rigting te stuur waarheen jy nie regtig wil gaan nie?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Plaas iemand druk op jou of word jou emosionele toutjies getrek? Gebruik die vurige energie van Mars in jou sterreteken om jou paadjie onafhanklik oop te kap – veral waar ’n gekoesterde persoonlike projek betrokke is.

© Joanne Madeline Moore