JOU DAG

Venus skuif tot in die Waterdraer en dit bevoordeel vriendskappe en groepsaktiwiteite.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ontembare gees wat sorg dat jy sukses behaal met die meeste dinge wat jy aanpak. 2016 is die jaar dat jy minder geheimsinnig en meer openlik moet wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die sterre moedig jou aan om oor toekomsdoelwitte te praat en jou visie te verbreed. Groepsaktiwiteite en sosiale media word ook bevoordeel terwyl jy met ’n wye verskeidenheid mense kommunikeer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Venus is tot 12 Maart in jou loopbaansone, dus is nou die aangewese tyd om jou werkruimte agtermekaar te kry. As jy met kollegas sosialiseer, sal verhoudings by die werk en in jou sosiale lewe beter raak.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Venus besoek jou reissone, dus moet jy êrens in die volgende drie weke ’n reis beplan. Of jy ver of naby reis, maak seker jy gaan na ’n spesiale plek wat jy werklik sal geniet.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie toelaat dat ander mense vandag jou selfvertroue ondermyn nie. Onthou, met ’n sterk gevoel van eiewaarde kan jy enige berg uitklim, enige storm trotseer en enige stormagtige see bevaar.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Venus, die vredesplaneet, skuif tot 12 Maart tot in jou verhoudingsone. Dit voorspel goeie dinge vir alle soorte vriendskappe – of dit nou die romantiese, platoniese of sakesoort is.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Venus skuif tot in jou welstandsone, dus het die tyd aangebreek om ? dieet- en oefenplan te kies wat jy werklik geniet. As dit te moeilik of te beperkend is, sal jy dit nie vir baie lank volg nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jou kommunikasievaardighede en skeppende talente is baie sterk, dus moet jy dit slim gebruik. Intieme vriendskappe word ook beklemtoon terwyl jy met eendersdenkende siele langtermynverbindings bou.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Mars is in jou teken, dus kom jou huidige slagspreuk van die beroemde Michael Jordan: “Sommige mense wil hê dit moet gebeur, sommige mense wens dit kan gebeur, ander laat dit gebeur.”

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Venus skuif tot in jou netwerksone, dus moet jy daarna streef om jou teenwoordigheid op die sosiale media so gou moontlik ’n hupstoot te gee. Praat, tik, twiet en stuur – die wêreld wag om te hoor wat jy te sê het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Het jy jou bekommer oor geld? Venus beweeg tot 12 Maart deur jou geldsone en dit is voordelig vir finansiële sake. Dit begunstig ook die koestering van ’n kreatiewe spanpoging.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus in jou teken tot 12 Maart is jy op jou mooiste, bekoorlikste Waterdraer-beste. Benut dit ten volle, aangesien jy weet hoe om mense met jou sjarme te oorrompel en ’n paar ou gunste op te eis wat mense jou skuld.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Hou tred met jouself, verminder spoed en put genot uit selfondersoek solank Venus tot binne-in jou geestesone skuif. Jy het op die oomblik alleentyd – deur middel van joga, meditasie of bepeinsing – broodnodig.