Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Jy kan ’n kreatiewe en rustelose dag te wagte wees; gebruik dus jou energie op toepaslike maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se dag van plofbare krag, is jy ’n vurige individu. Oor die volgende jaar moet jy leer om af te koel en te ontspan, anders kan jy uitbrand.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die son skyn tans op jou kreatiwiteitsone. Verder moedig vandag se sterre jou aan om te improviseer en spontaan te wees. Dit sal jou kreatiwiteit aan die gang kry.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die huis is vandag waar die hart is. Julle versorg geliefdes en voer allerlei uitstaande huistakies uit. Vind vindingryke maniere om van jou huis ’n gelukkiger en meer harmonieuse plek te maak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om met ’n wye verskeidenheid mense by die werk, aanlyn en in jou plaaslike gemeenskap te kommunikeer. ’n Spontane gesprek of ’n bietjie onverwagte nuus kan tot ’n dag vol aksie lei.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Versigtige Krewe: Om probleme te systap is nie die resep tot sukses nie. As jy proaktief met kollegas by die werk is en openlik met familielede kommunikeer, sal jy blitsig vooruitgang maak.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy ekstra geduldig en volhoudend met ’n broos familielid te werk gaan, sal jy verras wees oor hoeveel vordering jy maak. Alle soorte studie, reis en avontuur lyk vandag gunstig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

As jy die balans tussen georganiseerd en spontaan wees kan regkry, sal jou dag produktief wees. Gemeenskapsprojekte en sosiale netwerk word lyk uiters gunstig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verbonde Weegskale: Jou maat kan jou met ’n onverwagte geskenk of ongewone voorstel verras. Enkellopendes: Moenie liefde op dieselfde ou plekke gaan soek nie; probeer meer avontuurlik wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kom uit jou gewone roetine en doen vandag iets heeltemal anders. Miskien kan jy iewers gaan waar jy nog nooit was nie, of weer kontak maak met ’n ou vriend of kollega.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Werkskonferensie daar ver, ’n oorsese sakereis, bevordering by die werk of studiegeleentheid is moontlik oor die volgende maand terwyl Jupiter jou beroepsone aktiveer. Tree nou tot die stryd toe.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke val maklik in ’n huishoudelike groef vas. Vandag is ’n goeie tyd om jou huislewe reg te ruk. Jy kan skoonmaak, regpak en herorganiseer. Jy sal wonderlik voel as jy klaar is.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As jy intellek met ’n skeppingsdrang kombineer, gaan jy vandag met uitmuntende oorspronklike idees vorendag kom. Wat liefde betref is jy in ’n bui om waaghalsig, ontwrigtend en dwarstrekkerig te wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met die son wat in jou welsynsone skyn, is dit tyd om jou liggaam met heelwat gesonde en heerlike kos te voed en met enige soort fisieke oefening wat jy werklik geniet.