Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre is gunstig vir emosionele verbintenisse en pret.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n dapper gees en ’n gul hart. Die volgende 12 maande is ’n wonderlike tyd vir reis omdat Jupiter jou sigeunergene stimuleer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met jou heerser Mars in die sonnige Leeu-teken is die Ram in ’n optimistiese nuwe fase. Geen uitdaging is te groot nie en jy benader die lewe met ekstra energie, entoesiasme en avontuulike idees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om verantwoordelikheid te aanvaar vir die rol wat jy in die probleme in ’n verhouding speel. Kommunikasie en konsultasie is die sleutels om naby verhoudings weer te laat vlot.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

As jy iets aan ’n gesinslid, kollega of buurman moet verduidelik, doen dit met baie entoesiasme. Maak seker hulle verstaan jou instruksies.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag is die klem op kommunikasie en jy probeer jou boodskap hard en duidelik oordra. Span passievolle oorredingskrag in om ander jou punt te laat insien.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Probeer om die balans reg te kry tussen werk en stil aalleentyd wanneer jy kan dink en droom. Jy het so gou moontlik rus en ontspanning nodig.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Hou op om jou so te bekommer. Met Jupiter in jou teken leer jy om iets positiefs te sien in iets wat soos ’n mislukking lyk. Met energie en entoesiasme kan jy iets wat eenvoudig lyk in iets wonderliks verander.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Is jy sat daarvoor om enkellopend te wees? Baie Weegskale is lus om vinnig verlief te raak. Ander sal ’n moeë romanse nuwe lewe gee of ’n ou vriendskap met nuwe aktiwiteite opkikker.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie klein dink nie! Met Jupiter – die planeet van oorvloed – wat in jou sone vir hoop en wense beweeg, kan jy jou toekomsdrome so groot en mooi moontlik maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Selfvertroue is die sleutel om jou werkervaring baie beter te maak. Bestuur jou rusteloosheid deur aan buitelug-aktiwiteite deel te neem en ’n paar prettige fisieke oefeninge te doen.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Sit jou beste voetjie voor by die werk. Onvoorspelbare Uranus spoor jou aan om dinge tuis te verander – jy skuif, restoureer, herversier of maak gereed om onwaarskynlike gaste te ontvang.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is passievol, maar moet jou maat se behoeftes ook in ag neem – nie net jou eie nie. Enkellopendes se behoefte aan liefde is sterk, maar moenie jou halsoorkop in ’n verhouding begewe nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Fisieke aktiwiteite is ’n fantastiese manier om van ekstra energie en kilo’s ontslae te raak. Hou op om so ’n stoelpatat te wees en kom aan die beweeg – gaan stap, beoefen ’n sportsoort of pak ’n sessie in die gim aan.