JOU DAG

Geestesenergie loop vandag hoog; dus moet jy dit op toepaslike maniere gebruik.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy gedy daarin om in beheer te wees, maar maak seker dit beteken nie jy speel eenvoudig net baas nie. Januarie en Junie volgende jaar is fantasties vir liefde, romanse en verhoudings.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

As jy probeer om ’n projek van stapel te stuur, moet jy verseker jy is deeglik en jy dek al die basiese dinge. Dit sluit familie, vriende, professionele kontakte, netwerkvorming in jou buurt en die sosiale media in.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Is jy proaktief op professionele gebied, Bul? Mars en Jupiter gee albei energie aan jou werksones, dus is dit tyd om dinamiese nuwe maniere te ontdek om met kollegas, kliënte of klante te werk.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Kommunikasie is die gonswoord terwyl jy kollegas, vriende en kennisse opsoek. Dit gaan nie oor wat jy weet nie – dit gaan oor wie jy ken. Tweelinge moet dus vandag die meeste uit hul netwerkvaardighede put.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Krewe is in die bui om die dag om te droom, maar moet dit nie oordoen nie. Hou die werklikheid mooi in sig, anders kan julle julle misgis met ’n persoon of situasie. Kreatiewe projekte word bevoordeel.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Rustelose Leeus, julle is ongelooflik besig – maar rig julle werklik iets uit? As jy te veel rondhardloop, gaan jy foute maak en dan moet jy die werk later wéér doen. Markeer dus die pas.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Die Maan beweeg deur jou loopbaan/reputasiesone; dus is dit ’n goeie tyd vir Maagde om professioneel uit te styg en in die openbare kollig te staan. Moet net nie jou geliefde in die proses afskeep nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept – 23 Okt

’n Gemeenskapsprojek neem baie van jou tyd in beslag, maar dit is meer as die moeite werd en dit sal op die ou end lonend wees. Hoe meer aktiwiteite jy met ander mense deel, hoe aangenamer gaan die dag raak.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Gee baie aandag aan wat jy snags droom, Skerpioen. Drome stuur vir jou kreatiewe idees wat jou sal help om ’n verhouding heel te maak of ’n lastige probleem op te los. Studie en navorsing word ook beklemtoon.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Jy het vandag kameraadskap en deel op die brein wanneer jy met jou dierbares aan die gesels raak. Pasop egter dat iemand jou woorde misverstaan. Kies hulle met wysheid.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Moenie net op koue, harde feite konsentreer nie. Kreatiwiteit word bevoordeel aangesien jou intuïsie in rat kom. Moenie vandag die kans deur jou vingers laat glip om die muse in jou binneste te kontak nie, Steenbok.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Skud vandag die geestelike spinnerakke uit. Gebruik jou breinkrag en onderneem ’n groot avontuur of raak passievol oor ’n vernuwende projek. Dra jou idees so kreatief as moontlik oor.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Die maan beweeg deur jou huishoudelike sone; dus is dit tyd om jou Visdam op te kikker met skoonmaak-, herversiering- of selfdoenprojekte. ’n Bietjie ekstra teer, liefdevolle sorg sal ook goed wees vir jou gesinslede.

© Joanne Madeline Moore