JOU DAG

Vandag lyk die sterre gunstig wat opleiding, reis, sielkunde en hernuwing betref.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n wonderlike kombinasie van verbeelding en werklikheid. Vanjaar behoort jy jou aansienlik minder te bekommer en meer te droom.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy kry vandag die kans om ander mense op die een of ander manier te lei of te beïnvloed. Moet dit nie laat verbygaan nie. Ander mense sien op na jou om met oplossings te voorskyn te kom, dus moet jy aan die werk spring en hulle nie teleurstel nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die geluksgodin is vandag aan jou kant en vriendskappe speel ’n belangrike rol. Maak kontak met vriende naby en dié wat oorsee woon. Dinge sal glad verloop as jy jou goeie luim met die mense rondom jou deel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus besoek jou loopbaansone tot 5 April. Dit is die ideale tyd om ernstig met kollegas te gesels of jou kantoorruimte te verfraai. Liefde en werk is tans uitstekend verbind.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is hoog tyd dat jy uitreik en ander mense help – in jou familie en vriendekring sowel as in jou plaaslike omgewing. Gemeenskapsverbintenisse wat jy nou maak, sal in die toekoms voordelig wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is vandag in die luim om sosiaal te verkeer en jouself te trakteer. Jy hou van geselskap en ook van die klein luukshede wat die lewe bied. Die kreatiewe idees van ’n paar gelukkige Leeus kan selfs hul bankbalans verstewig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die planete belig jou vriendskaps- en netwerksones, dus is jy gretig om met ander mense in aanraking te kom. Dit is ’n wonderlike dag om idees te inisieer en jouself te laat geld.

WEEGSKAAL, 24 Sept- 23 Okt.

Wat ’n familie-aangeleentheid betref, moet jy vinnige oplossings vermy. As jy geduldig is en al die nodige huiswerk of navorsingswerk doen, sal sukses volg. Kyk na die feite wat diep onder die oppervlak versteek is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Groepaktiwiteite en die skep van sosiale netwerke word vandag belig. Jy brei jou kontakte uit om ’n nuwe internasionale groep in te sluit. Reis- en studiegeleenthede kom na vore.

BOOGSKUTTER, 23 Nov-21 Des.

Die Jupiter/Pluto-verbintenis lyk gunstig vir werk, studies, sake, reis en finansies. Die geluksgodin is aan jou kant terwyl jy positiewe veranderings maak en opwindende nuwe uitdagings aanvaar.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met Venus wat tans jou buurtsone besoek, is daar baie te doen – en tevredenheid te put – uit bydraes wat jy maak tot jou plaaslike gemeenskap. Jy kan tot ander se redding kom.

WATERDRAER, 21 Jan.- 19 Feb.

Geluk ten opsigte van geld wag vir jou agter die skerms in die vorm van ’n nuwe werk, ’n bonus of ’n geskenk. Moenie skaam wees nie. Gebruik jou netwerkvaardighede om werk te soek en moenie bang wees om ander mense om hulp te vra nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag lyk alle soorte vennootskappe gunstig aangesien Jupiter en Pluto optimisme aanblaas en jou help om ’n vriendskap wat probleme ondervind, te verbeter.