JOU DAG

Jy kan vandag verwarring en min motivering verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om doelwitte met suiwer oorgawe na te jaag. Onthou, dit is goed om soms ander mense te vra om jou te help.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Motiverings- en energievlakke gaan laag wees onder die invloed van Neptunus. Dit is ook moontlik dat jy verward gaan raak oor ’n huidige aangeleentheid, want te veel opsies gaan jou oordeel verswak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan dalk skielik jou doelwitte begin bevraagteken en jou motiewe betwyfel ten opsigte van ’n verwagting, droom of wens wat jy koester. Dit is alles in orde. Daar sal moontlik ’n bietjie verwarring wees voor jy jou planne finaal plooi.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Persoonlike en professionele verhoudings lyk vandag ontsaglik ingewikkeld, aangesien jy seine verkeerd lees of motiewe misverstaan. Moet dus nie groot besluite neem voor dinge nie duideliker word nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie bekommerd wees as jy vandag vol selftwyfel is nie. Die heelal moedig jou aan om jou vrese te konfronteer, jou motiewe te bevraagteken en meer kreatief te wees in die formulering van jou doelwitte vir die toekoms.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Geldsake lyk vandag verwarrend, veral as jou geld met ’n vriend of familielid verbind word. Moet dus geen groot geldskuiwe maak voor almal nie helderder dink nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie aanvaar jy weet hoe ’n geliefde voel of wat hulle dink nie. Jy slaan moontlik, onder die invloed van vandag se verwarrende mengeldrankie van die heelal, die bal heeltemal mis. Wag dus jou kans af en sê min.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy sal teleurgestel word as jy verwag jou geliefdes gaan vandag logies optree. As jy verwarrende seine van ander mense verwag, gaan jy ’n chaoties interessante dag beleef.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie aanneem jy het al die antwoorde nie. Hoe meer jy probeer om ander mense te beheer, hoe meer verwarrend sal die dag wees. Verlig die las met gereelde rusposes en ’n goeie skeut humor.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy voel dalk terneergedruk oor ’n persoonlike of familiesaak, want die planete laat jou ietwat moedeloos voel. Moenie moed opgee nie. Jy sal môre weer positief voel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit kan tot verwarring lei as jy probeer om ander mense te dwing of beheer. Tree terug en beoordeel weer ’n keer die situasie. Probeer liewer om ander mense op meer subtiele en sensitiewe maniere met jou kragtige energie te beïnvloed.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Jy kan chaotiese verwarring verwag wat ’n tiener of intieme vriend betref, aangesien mense verskillende agendas het en verskillende rigtings volg. Die lewe gaan ten minste nie vervelig wees nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moet vandag versigtig wees oor wat jy inneem, want jy is meer geneig tot voedselallergieë of medikasievermengings. Maak seker jy is verstandig, jy bewaar jou energie en vertraag die pas.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.