JOU DAG

Vandag moedig die sterre jou aan om proaktief en produktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy streef daarna om te presteer in die wêreld, maar moenie vergeet om te ontspan en ook die rose langs die pad te ruik nie. Dus is dit ’n geval van oos, wes, tuis bes in Mei en Junie, wanneer jy stadiger beweeg en jou stres afskud.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Jy het enorme drome en ambisieuse planne, maar moenie jouself te ver vooruitloop nie, Ram. As jy te veel belowe en dan nie kan lewer nie, gaan almal ten einde laaste teleurgesteld wees.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Jy het baie dringende werk en verantwoordelikhede om vandag aan te pak. Maar jy gaan vir niemand van enige nut wees as jy uitgeput is nie. Sit dus ’n bietjie spesiale ek-tyd opsy sodat jy kan ontspan en herlaai.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Jou heerserplaneet, Mercurius, is in die Ram, en dit jaag die toere van jou reeds kwiksilwerbrein op. Dit is fantasties om kreatief te dink. Maak net seker jy doen wat jy sê en bring jou idees tot uitvoer.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

’n Reeds dolle dag gaan nog doller raak vir besige Krewe as hulle weer op die hoogte kom betreffende intieme vriende of familielede. Daar is baie om te bespreek terwyl julle weer gesels oor jul verskillende toekomsplanne.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Daar is baie mense met idees oor wat jy behoort te doen ten opsigte van reis, opleiding of jou toekoms. Luister aandagtig na dit wat ander mense te sê het – en dan besluit jy self.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Dit is tyd om proaktief te wees ten opsigte van jou strewes vir die toekoms. Reis en opvoeding word in die besonder bevoordeel terwyl jy jou gedagtes uitbrei om avontuurlike nuwe aktiwiteite in te sluit.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Mercurius en die terugkerende Venus besoek albei jou verhoudingsone. Dit is dus tyd om saam met geliefdes te gaan sit en netelige kwessies uit te praat. Duidelike kommunikasie is die sleutel.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Moenie dink jy ken al die antwoorde nie. As jy te veroordelend is oor iets, gaan ander mense jou vinnig en met ’n slag terugbring aarde toe. Beraadslaging is die geheim vir suksesvolle verhoudings.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Vandag se sterre aktiveer jou avontuurlike sy, dus moet jy uit jou gewone roetine spring en iets anders doen. Onderdruk net die versoeking om stories rond te vertel of baasspelerig en veeleisend teenoor ander mense te wees.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Verhoudings en verbintenisse in jou plaaslike gemeenskap lyk vandag produktief terwyl jy uitreik en iemand help wat in die nood is. Probeer maar om baie geduldig te wees met ’n gefrustreerde gesinslid.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Waterdraers is dol oor uiterstes! En jy loop tans op baie dun ys terwyl jy daarna streef om balans te kry tussen enorme drome en hoe om hulle tot uitvoer te bring.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Die son en Chiron kom vandag in jou teken bymekaar en dit bevorder liggaamlike en emosionele heling. Dis ook die perfekte tyd om jou op wonderlike, kreatiewe maniere uit te druk.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017