JOU DAG

Streef daarna om vandag meer behulpsaam en samewerkend te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sjarmant en deernisvol, maar dis nie jou plig om al die ander mense te red nie. Dis baie beter as jy hulle help om hulself te help.

Leer om met die onsekerhede van die lewe saam te leef.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan te sterk nader kom en ander mense afskrik; skakel dus jou enjin na ’n laer rat en sit en wag rustig, want vandag se Venus-energie moedig jou aan om in alle opsigte baie hulpvaardiger te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Verbonde Bulle, dis ’n fantastiese tyd om jou liefde teenoor en verbondenheid aan jou maat te versterk. As jy enkellopend is, sal jy geduldig moet wees – en ’n paar paddas soen voor jy jou sielsgenoot vind.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die son stoom tot 21 Junie deur jou teken. Dit is dus hoog tyd om te skyn en te skitter, jouself uit te druk en ander mense te onthaal, terwyl jy jou lang lys Tweeling-talente aan die wêreld tentoonstel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is in die bui om selfdoentake te verrig, want jy verf, poleer, ontwerp, doen tuinwerk, maak skoon of kook ’n hond uit ’n bos. Maar jy kan verwag om onder druk te voel terwyl jy ’n balans probeer vind tussen jou professionele en huishoudelike verantwoordelikhede.

LEEU, 24 Jul.- 23 Aug.

Leeus voel steeds rusteloos! Jy wil jou eie dinge doen, maar hou in gedagte dat jou optrede die mense om jou raak. Probeer jou beduidende talente inspan by ’n plaaslike groep, klub of organisasie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Stadig oor die klippe, Maagd! Ruim tyd in om die mense, plekke en aktiwiteite wat jy die hoogste skat, te waardeer en te geniet. Venus help jou boonop brûe bou met ’n weerspannige kollega by die werk.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die Venus-gees belig jou diplomatiese sy aangesien jy vredemaker speel en ’n potensieel plofbare situasie ontlont. Ander mense sal jou kalm en berekende perspektief waardeer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy behoort meer gedissiplineerd te wees wat geld betref. As jy uitspattig of onverantwoordelik met geld – of jou kredietkaart – te werk gaan, gaan jou optrede op jou eie kop neerkom.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit sal vandag goed gaan as jy jou groepaktiwiteite met alleentyd balanseer. ’n Bietjie heerlike alleentyd is die ware Jakob, Boogskutter, terwyl jy rem aandraai en jou pap batterye herlaai.

STEENBOK, Des 22-Jan 20

Kollegas kyk op na jou vir leierskap. Baasspelerigheid gaan egter nie so lekker werk in jou privaat lewe nie. ’n Geliefde het groter onafhanklikheid nodig, dus moet jy seker maak jy neem dié se behoeftes in ag.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is vandag in die luim om omstrede dinge kwyt te raak – uit pure moedswil – en ander mense se reaksies te toets. Slim Waterdraers sal vandag meer harmonieuse maniere vind om pret te maak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moet vandag duidelik en reguit wees in jou onderhandelinge met ander mense – geen Vis-agtige katvoetspeletjies nie! Vriendskappe, gesinsaangeleenthede en sosiale netwerkvorming word veral bevoordeel.