aqua-hg-w

JOU DAG

Baie mense gaan vandag emosioneel intens voel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die drang om na ’n chaotiese fantasiewêreld te ontsnap. Saturnus dring daarop aan dat jy op die formulering van praktiese doelwitte vir die toekoms fokus.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy gaan met ’n gemors sit wanneer jy jou sonder vooraf beplanning in ’n situasie haas. Dis tyd dat slim Ramme stadiger beweeg en die nodige navorsing doen.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Baie Bulle streef na ’n luukse leefstyl. Maar met die suinige Saturnus wat jou inkomstesone deurmekaarkrap, moet jy seker maak jy het harde kontant om jou supergroot drome te finansier.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Saturnus beweeg deur jou verhoudingsone. Dit is tyd om jou maat te wys hoeveel hy of sy vir jou beteken. Enkellopendes, liefde is moontlik met iemand wat ouer en wyser is as jy.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag oormatig dramaties of emosioneel afhanklik wees nie. As jy kalm en bedagsaam is, gaan verhoudings met geliefdes en kollegas verrassend bevredigend wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hoe meer geduldig jy teenoor ’n kind, tiener of intieme vriend is, hoe beter gaan die dag wees. As jy in ’n verhouding is, doen iets prakties vir jou maat om sy of haar swaar werklading te help verlig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moet jou nie oor geld kwel nie. En moenie waardevolle tyd mors op goed wat jy nie kan verander nie. As jy geestelik gedissiplineerd is, sal jy dinge in die helfte van die normale tyd kan voltooi.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is vandag op jou beste – en slegste. Jy is veeleisend en perfeksionisties. Probeer positief en aanmoedigend, eerder as negatief en krities te wees. Dis ook tyd om jou doelwitte vir die toekoms weer te ondersoek.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Is jy gespanne en obsessief omdat dinge nie volmaak is nie? Onthou, volmaaktheid is ’n doel en nie ’n bestemming nie. Doen om liefdeswil dinge goed, maar moenie vergeet om die reis te geniet nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy moet vandag lang ure werk wat ’n persoonlike projek of ’n sosialemedia-veldtog betref. Jy kan sukses behaal, maar nie sonder harde werk van jou kant af nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Baie Steenbokke gaan vandag in ’n intense modus wees. Probeer uitsoekerig wees rakende dié met wie jy meng, want jy is geneig om tekens verkeerd te lees en motiewe verkeerd te verstaan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Waterdraers, geniet dit om saam met jou maat aan ’n sosiale aangeleentheid of groepaktiwiteit deel te neem. Enkellopendes, ware liefde wag aanlyn, maar verwag ’n paar doodloopstrate voor julle mekaar vind.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Weerstaan die versoeking om spandabel te wees met geld en sorgeloos met krediet. Markeer die pas, anders gaan jy teen die einde van die dag uitgeput wees. Om alleen te wees, is tans sielskos vir jou. Gryp dit aan.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017