JOU DAG

’n Op en wakker houding bring vandag voordele.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet die volgende 12 maande gebruik om deur probleme met geliefdes te werk. As jy ’n sterk familiegrondslag het, kan jy enige probleem oplos en deur enige storm vaar.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel vandag fisiek en geestelik rusteloos, Ram, so moenie binnenshuis bly nie. Kom uit. Doen dinge wat jou verstand en liggaam ’n bietjie beproef terwyl jy nuwe idees, vriendskappe en plekke ontdek.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Oorbesitlikheid ten opsigte van ’n persoon of besitting, gaan vandag net lei tot ’n klomp moeilikheid en drama, Bul. Streef liewer daarna om minder obsessief te wees oor wat jy besit en dié vir wie jy lief is!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy het tans meer onafhanklikheid nodig in jou persoonlike verhoudings, maar het jy dit met jou geliefdes bespreek? Vandag gaan Mars jou help om meer selfversekerd te wees terwyl jy verduidelik waarna jy verlang.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wanneer julle vandag met ander mense kommunikeer, moet julle probeer om nie geheimsinnig of mistroostig te wees nie, Krewe. Hoe meer openlik jy is – en hoe meer reguit jou benadering is – hoe beter gaan die resultate wees wat jy kry.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vermy vandag die drang om ’n baasspelerige Leeu te wees. Jy is in ’n luim vir groot avontuur, maar moenie die eerste ding uitblaker wat in jou gedagtes opkom nie. Onthou net – oor sommige dinge swyg ’n mens liewer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie in ’n groef vasval en te nougeset raak in jou denkwyse oor hoe die dag moet verloop nie. Met Mercurius wat steeds agteruit skuif, kan jy ’n paar onverwagte vertragings en onderbrekings te wagte wees. Dit gaan jou op jou tone hou!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy ’n Weegskaal in ’n verhouding is, is dit die perfekte dag om ’n bietjie spontaniteit en avontuur in jou verhouding in te kry. Enkellopendes, moenie te veel op jul hoede probeer wees nie. Soek ’n verrassende persoon wat nie jou gewone tipe is nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Spring vandag uit jou vervelige maniere uit en kikker jou gewone roetine op. Avontuur en opwinding loer vir jou terwyl jy inskakel op jou spontane sy. Dit kruip daar iewers weg, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Het jy al doewitte gestel vir die res van die jaar? Moenie hulle te veilig en verstandig maak nie, Boogskutters! Met Jupiter in jou sone van verwagting en versugting, moet jy daarna streef om avontuurlik en passievol proaktief te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy praat graag oor ’n huidige probleem, Steenbok, maar jy kan effense weerstand van geliefdes verwag. As jy bereid is om aanpasbaar te wees, gaan jy ’n bevredigende oplossing bereik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is vandag op jou spontane beste terwyl jy ander mense inspireer met jou goeie gesindheid en aansteeklike entoesiasme. Jy is ook gretig om hulp aan iemand in nood te verleen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie verwag dat almal jou by die werk gaan ophemel nie. Sommige kollegas gee nie om hoe slim jy is of hoe kreatief jy kan wees nie. Hulle wil net weet dat jy die werk betyds en met bedrewenheid gedoen gaan kry.

© Joanne Madeline Moore