JOU DAG

Doen jou bes om vandag tussen feit en fiksie te onderskei.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2016 sal Uranus ’n paar ontwrigtings en verrassings oor jou pad stuur. Moenie bang wees om jou trots te sluk en hulp te vra as jy te veel hooi op jou vurk het nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Misterie is vandag volop met jou wat inligting oor ’n geliefde ontdek. Of miskien vertel iemand jou iets streng vertroulik? Die vraag is: kan jy ’n geheim hou?

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy voel vandag dalk verward oor jou doelwitte en drome vir die toekoms. Dis nie ’n goeie tyd om belangrike besluite te neem wat rasionele denke verg nie. Doen liewer iets kreatiefs.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Probeer om kreatief eerder as verward by die werk te wees. Samewerking en duidelike kommunikasie sal jou verder bring as konfrontasie – probeer dus om innemend en vriendelik te wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is baie kreatief terwyl jy jou verdiep in ’n artistieke projek of jy vind ’n kreatiewe manier om ’n probleem op te los. Almal sal daarby baat vind as jy ekstra deernisvol teenoor ’n vriend, kind of tiener is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou goeie verbeelding werk oortyd, maar as jy te meegesleur word, sal die grense tussen feit en fantasie vervaag. Wees proaktief oor ’n probleem met ’n geliefde.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is vandag in die bui vir kreatiewe kommunikasie – in persoon en aanlyn. Volg ’n subtiele en sensitiewe benadering wanneer jy ’n geliefde hanteer.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die werk sal nie klaarkom as jy die heeltyd oor projekte sit en dagdroom nie. Fokus daarop om kreatiewe idees in dinamiese aksie om te skakel. Wees ook meer deernisvol jeens ’n vriend of kollega wat jou hulp nodig het.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

’n Vriend, kind of tiener het dalk ferm leiding nodig omdat hulle uitstel of tydelik momentum verloor. Probeer taktvol om hulle in die regte rigting te lei.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie by ’n drama tuis betrokke raak voor jy presies weet wat die situasie behels nie. ’n Gesinslid het jou hul kant van die storie vertel, maar het dalk van die belangrike feite uitgelaat.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met Saturnus wat in jou sone vir afsondering hiberneer, moet jy van die daaglikse sleurwerk wegbreek en ernstig dink oor waarheen jy op pad is. Dalk moet jy jou doelwitte heelwat aanpas.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie toelaat dat ’n vriend of sakekennis jou geldelik inloop nie. Kyk na die harde feite voor jy beloftes maak of enige ooreenkomste onderteken. Kry ’n tweede mening as jy steeds twyfel.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Wees versigtig met wie jy jou assosieer, want jy sal hul bui soos ’n spons opsuig. Jy is ook supersensitief vir jou omgewing – bring dus tyd deur op plekke wat positief en opbeurend is.