JOU DAG
Probeer om vandag duidelik en bondig te wees wanneer jy kommunikeer.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy los graag ander mense se probleme op, maar maak eers seker hulle het jou hulp nodig voor jy betrokke raak. Oktober en November is uitstekende maande vir liefde en romanse.
 
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Frustrasievlakke gaan vandag hoog wees aangesien Neptunus kommunikasie deurmekaarkrap, veral aanlyn. Probeer om oefening te doen, dalk selfs in die buitelug, om op ’n positiewe manier van gefrustreerde energie ontslae te raak.
 
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Jou kreatiewe Bul-hoedanighede word versterk, want Venus gly deur jou teken. Neptunus krap vandag kommunikasie deurmekaar, dus moet jy seker maak jy gaan alles twee keer na.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Die sterre lyk gunstig wat professionele projekte, vrywillige werk en kreatiewe denke betref, maar stres loop ook vandag hoog. As jy dus nie die pas stadiger vat nie, gaan jy teen slaaptyd uitgeput wees.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Trap versigtig. Alles is nie vandag soos dit op die oog af lyk nie. Wat mense sê en wat hulle bedoel kan twee heeltemal verskillende dinge wees. Luister fyn, met jou kop, hart en intuïsie.
 
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Leeus kan selfgenoegsame siele wees, maar jy maak die beste van die dag deur ander mense te help. Die Waterdraer-maan moedig jou aan om vir ’n verandering minder op jouself te fokus en meer op ander mense.
 
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Spanning kan ontstaan tussen die gelukkig hou van kollegas en die nakom van jou romantiese of gesinsverpligtings. Verwarring loop hoog, dus moet jy nie vandag belangrike besluite neem nie.
 
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Jy het die gawe om ander mense gemaklik te laat voel met jou gemoedelike gesprekvoering en aangename gevatheid. Wees ekstra versigtig wanneer jy vandag kommentaar lewer in die sosiale media.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die newelagtige Neptunus roer vandag jou kreatiwiteit en vriendskapsone deurmekaar, dus gaan dit moeilik wees om agter te kom hoe projekte en mense werk. Hoe openliker en buigsamer jy is, hoe beter gaan die dag verloop.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy is vandag in die luim om te sosialiseer, maar wees versigtig wanneer jy met ander mense kommunikeer. Jy is gretig om te help, maar maak net seker dat jou goedbedoelde vrygewigheid nie in leë beloftes eindig nie.
 
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Wees vandag ekstra versigtig ten opsigte van kommunikasie. Neptunus gaan waarskynlik kommunikasie deurmekaarkrap, persoonlik en aanlyn -- dit kan deur telefoonoproepe, e-posse, teksboodskappe, twiets en die sosiale media wees.
 
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Bekommer jy jou oor geld? Dit is tyd om slim maniere te ondersoek om jou kontantvloei te versterk. Hou egter vandag geld en vriende uitmekaar, anders kan verwarring en misverstande ontstaan.
 
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Jy’s gretig om ’n familielid of vriend wat in die nood verkeer, te help, maar hou dit eg en moenie meer belowe as wat jy kan lewer nie. Wees versigtig, aangesien iets wat jy aanlyn deel, verkeerd vertolk kan word.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017