Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Positiewe optrede word vandag bevoordeel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n waagmoedige sy en hou daarvan om dinge gedoen te kry. In die komende jaar moet jy ander mense sensitiewer behandel.

RAM 21 Mrt. - 20 Apr.

Die wonderlike maan/Mars-driehoek bevoordeel instinktiewe gedrag. Maak tyd om oor ’n huidige situasie te peins, en spring dan in. Dis die dapperes wat slaag.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om jou verhouding met jou kollegas te verbeter en meer tegemoetkomend as gewoonlik te wees. Moenie hardkoppig wees nie; ’n proaktiewe, buigbare benadering gaan jou heelwat verder bring.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Alle vorms van studie en kommunikasie word beklemtoon en jy is gretig om iets nuuts te leer en dit met ander te deel. Jou nuuskierigheid word gestimuleer; daarom is reis of studie ook ’n moontlikheid.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag op die kantlyn sit en stowe nie. Dis ’n fantastiese tyd om die voortou te neem wat emosionele kontak met ander betref. Ander mense al jou ongewoon regstreekse benadering waardeer.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd dat koel katte aan die werk spring! Wat liefde, romanse, vriendskappe, familie en gesamentlike ondernemings betref, sal groter produktiwiteit en optimisme tot beter resultate lei.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Hoe meer proaktief en georganiseerd jy by die werk is, hoe gladder gaan die dag verloop. En soek jy werk? Moenie van die talle kontakte in jou beroepskring vergeet nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se positiewe sterre bevoordeel kreatiwiteit, vriendskap, stokperdjies, onthale en sosiale aangeleenthede. Gebruik ook die geleentheid om jou met strelende persoonlike koestering te bederf.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene wil hulle oorgee aan goeie kos of selfkoestering of wil iets spesiaals vir die huis koop. Maak net seker jou bankrekening kan die klein luukshede van die lewe bekostig.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die maan beweeg deur jou verhoudingsone; dus is dit tyd om ander mense eerste te stel. Jy gaan ’n fantastiese dag hê as jy jou vurige energie inspan om ’n familielid of ’n intieme vriend/in te help.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Geldsake lyk meer belowend, aangesien Mars en Venus help om jou inkomste ’n hupstoot te gee en jou neseier te koester. Boonop kan ’n familielid of ’n intieme vriend/in jou tydige advies oor jou finansies gee.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kommunikasie met ’n kind, tiener of intieme vriend/in gaan makliker as gewoonlik wees, want die maan help gevoelens kalmeer. Die magtige Mars gee jou selfvertroue ook ’n welkome hupstoot.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jou bedrywige liggaam kan vandag smag na rus, maar jou gedagtes gaan steeds besig bly. Dit is dus ’n goeie tyd om jou aktiewe verbeelding te gebruik om kreatiewe, nuwe idees uit te dink.

© Joanne Madeline Moore