JOU DAG

Maak seker dat jy jou brein vandag op nuwe, kreatiewe maniere stimuleer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n waaghalsige streep en jy hou daarvan om te wen. Jy moenie in die komende jaar bang wees om foute te begaan nie aangesien hulle jou na ’n opwindende nuwe terrein kan lei.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus flirteer deur jou onthaalsone; dus is die komende drie weke die ideale tyd om ’n boekvoorlesing, musiekkonsert, teateruitvoering of kunsuitstalling by te woon – en ook om partytjie te hou asof dit jou beroep is!

BUL, 21 Apr.-21 Mei.

Venus gee ’n verhouding met ’n familielid ’n welkome hupstoot terwyl julle uitvind julle het meer gemeen as wat julle voorheen gedink het. As jy enkellopend is, kan jy liefde vind met iemand wat ’n familielid aan jou voorgestel het.

TWEELING, 22 Mei- 21 Jun.

Jy is in die luim vir flankeerdery, romantiese kersligetes en kreatiewe vennootskappe. Maar as jy nie jou verpligtings teenoor die verhouding nakom nie, gaan daar beslis probleme kom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Pasop vir die drang om te verkwis! Venus besoek – tot 6 Augustus – jou geldsone en dit kan ’n welkome hupstootjie aan jou kontantvloei beteken. Dit verhoog egter ook jou neiging om op inkopietogte te gaan en geld te bestee aan goeters wat jy nie nodig het nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Venus besoek – tot 6 Augustus – jou teken; dus is dit hoog tyd om te flirteer dat die biesies bewe en ook om ’n klompie ou gunste op te roep. Dit is moeilik om jou spesiale Kat-charisma te weerstaan wanneer jy eers op dreef is!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy sal dit geniet om vandag gehaltetyd alleen deur te bring, terwyl jy jou oorgee aan heerlike dagdrome en jou intuïsie ontgin. Sommige Maagde gaan by ’n geheime liefdesverhouding betrokke raak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Slaan jy munt uit jou Weegskaal-kreatiwiteit? Die sterre moedig jou aan om by ’n groep aan te sluit wat jou sal help om jou besonderse kreatiewe talent te ontwikkel – of dit nou kuns, skryf, dans, fotografie of musiek is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus skuif – tot 6 Augustus – in jou loopbaansone in; dus sal sosialisering met kollegas help om verhoudings by die werk te verbeter. As jy werk soek, versprei die woord onder jou vriende.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Opvoeding, navorsing, reis, publisering en internasionale verbintenisse word almal oor die volgende drie weke bevoordeel. Saturnus is egter steeds in trurat deur jou teken; dus sal jy geduldig en volhardend moet wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy sal goot bevrediging ervaar as jy gefokus bly aangesien jy ’n gedissiplineerde daaglikse roetine volg. As jy deeglike beplanning met produktiewe werk kan kombineer, sal dit tot blywende gevolge lei.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus, die vredemaker, moedig jou aan om ’n wankelmoedige verhouding te herstel . . . en ook om kreatiewe idees in dade te omskep. Moet dus nie die kans verspil om ’n paar voordelige veranderings aan te bring nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Indien jy in ’n verhouding is, moet jy hard werk om dit in ’n puik toestand te hou. Alleenlopende Visse – julle kan blywende liefde vind deur middel van ’n afspraakwebtuiste of ’n bekendstelling deur ’n kollega by die werk.