JOU DAG

Benut soveel as wat jy kan van vandag se aspekte wat gunstig is vir kreatiwiteit en vindingrykheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die versoeking om jou te af te sonder en te ontoegeeflik te wees teenoor andere. Streef in 2016 daarna om meer emosioneel betrokke te bly by familie en vriende.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy skeppende idees saam met ander mense uitdink en deel, sal jy sukses naderhark. Jy het heelwat rus nodig om te vergoed vir die groot hoeveelheid skeppende of liggaamlike energie wat jy lewer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die sterre is voordelig vir verbeterde kommunikasie met maats – ongeag of dit die romantiese, platoniese of sakekommunikasie is. Dit is tyd om in voeling te kom met jou gevoelens, Bul, en dan daarop te reageer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kuddedier-Tweeling – die huidige sterpatrone is wonderlik vir ’n dinkskrum saam met onkonvensionele vriende. Dit is beslis tyd om te ontdek, te eksperimenteer en te deel!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is ywerig om hulle emosioneel te verbind – veral met kinders, tieners en vriende. Maak ook ’n wenslys van jou gunsteling-reisbestemmings en droomvakansieplekke.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Verhoudings tussen jou en gesinslede behoort vandag goed te wees, Leeus – solank jy ’n balans handhaaf tussen jou kop en jou hart. Streef daarna om sensitiewe sake op produktief uit te praat.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verbonde Maagde – moenie julle laat ondersit deur ’n vervelige huishoudelike groef nie. Enkellopendes, as jy jou sielsgenoot wil opspoor, sal jy die bul by die horings moet pak. Kyk ook uit vir iemand wat nie jou gewone tipe is nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As sake nie goed verloop nie – of dit nou by die huis is of by die werk – doen jou bes om positiewe veranderinge aan te bring. Met ’n proaktiewe en samewerkende benadering kan jy probleme oplos en berge versit.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars beweeg deur jou teken en verbind met die maan, wat sorg vir ’n bevredigende dag. Jy sal proaktief en produktief voel; beplan dus om iets spesiaals te doen, Skerpioen.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is ywerig om by die kern van verhoudingsvraagstukke uit te kom en probleme op te los. Die tyd is ook geleë om aan iemand te skryf sodat jy presies kan sê hoe jy voel.

BOK, 22 Des.-20 Jan.

Logika en intuïsie is ’n kragtige kombinasie, Bok, terwyl jy jou doelwitte vir 2016 verfyn. Moenie jou beperk nie, aangesien jy groot drome droom en hulle dan deel met ander siele met dieselfde denkwyse.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vandag is gevul met elektriese energie en opwindende moontlikhede! Die positiewe planetêre verbindings bevoordeel die doen van iets wilds en anders: bestudeer ’n ongewone onderwerp of raak skielik verlief.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal ’n huppel in jou stappie kry as jy kontak maak met familie of vriende wat ver is. Daar is baie om in te haal terwyl jy verlore tyd inhaal en nuus, sienings, skinderpraatjies en planne deel.