JOU DAG

Probeer jou bes om meelewend, versorgend en kreatief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n sterk behoefte om suksesvol te wees en jy werk baie goed in leierskapsrolle. Jy moet egter maniere vind om jou stresvlakke te verlaag. Julie en Augustus is gelukkige maande vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Alhoewel jy desperaat is vir ’n hemelse vakansie, het ’n nuwe werksiklus begin en dit vereis harde werk en dit sluit ekstra verantwoordelikhede in. Voltooi die rondte en jy sal later stylvol reis!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Menige kreatiewe Bul is in die bui vir ’n bietjie heerlike dagdromery, terwyl jy na jou eie, private fantasiewêreld toe ontsnap – slegs per uitnodiging! Op die oomblik is alleenheid beslis sielskos vir jou!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Optimisme is hoog en daar bestaan ’n moontlikheid om baie goed te vaar. Moet egter nie sukses bederf deur ongeërg en onbedagsaam te wees teenoor ander mense nie. Ruim tyd in om belangrike besonderhede vandag langs die pad te absorbeer, Tweelinge.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die maan besoek vandag jou teken, dus is dit tyd om jou sinne te vertroetel met goeie kos en wyn, plus kuns, musiek en aangename geselskap. Enkellopende Krewe is boonop gereed vir ’n bietjie fantastiese flirtasie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag se sterrepatrone verhoog jou begeerte om self partytjie te hou, asook om jou sosialenetwerkprofiel op te kikker. Moenie te lank op die rusbank vertoef nie, Leeus … ’n bietjie ernstige fisiese aktiwiteit is broodnodig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verbonde Maagde – vind maniere om ’n bietjie ekstra romanse en oemf by die vennootskap te voeg. Enkellopendes – ignoreer koketteerders. Soek liefde by iemand wat kreatief, goed en deernisvol is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Intieme verhoudings is tans gekompliseerd, maar Venus moedig jou aan om jou trots te sluk, ’n vrolike glimlag op te tower en die olyftak van vrede uit te hou. Voel die liefde, Weegskaal!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal die dag deurworstel as jy vandag geduldig is. Moet jou egter nie by kleinsielige magspeletjies laat intrek nie. Enkellopende Skerpioene – jy het ’n maat nodig met wie jy ’n ordentlike gesprek kan voer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Jy is ’n gewilde mens, aangesien die planete jou sosiale sones aan die brand steek, en jy is gretig om te gesels en te praat, met mense te meng en om te gaan. Maak egter seker dat jy dinge deurdink voordat jy praat, selfoonboodskappe stuur of twiet.

STEENBOK, 22 Des.- 20 Jan.

Kreatiewe en meelewende benadering werk goed met ’n kind, tiener of intieme vriend/in wat verward is. Moet egter nie aanneem dat jy weet wat die probleem is nie. Luister versigtig na wat hy/sy te sê het.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Daar is ’n moontlikheid dat jy vandag ’n klompie voordelige nuwe konneksies sal maak – in die vlees, sowel as aanlyn. Gebruik dus jou natuurlike entrepreneursvaardighede om nuwe geleenthede te vind voordat hulle in werklikheid daar is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moet moontlik ontslae raak van ’n verhouding wat nie meer werk nie, en dit sal jou die vryheid gee om aan te beweeg. Enkellopende Vis – daar is ’n moontlikheid van liefde met iemand van ’n ander land of kultuur.