JOU DAG

Probeer vandag proaktief en deernisvol wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sosiaal en vrygewig en leef in die vinnige baan. Volgende jaar moet jy die pas markeer en meer op die rigting fokus wat jy vir die toekoms wil inslaan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy ’n probleem het wat opgelos moet word, skakel in by jou intuïsie om die antwoorde te kry waarna jy soek. Wees proaktief deur hulp te vra by familie, vriende of kollegas.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wanneer jy te doen kry met geliefdes of kollegas, sal jy dubbele sukses hê deur goedhartigheid en sensitiewe raad aan te bied. Moenie dinge onnodig ingewikkeld maak nie. Hou dit eenvoudig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie vandag dinge op sigwaarde aanvaar nie. Beskou eerder kwessies op ’n dieper en meer reflektiewe manier. Neptunus moedig jou aan om heelwat meer deernis teenoor iemand by die werk te toon.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Enkellopende Krewe verkies dit om ’n potensiële maat op ’n subtiele manier aan te trek. Die dinamiese Mars jaag egter tot 9 November deur jou verhoudingsone, dus is die tyd reg om meer reguit en dapper te wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vermy dit om by verwarrende besprekings oor gesamentlike finansies ingetrek te word. Waar werkskwessies of gesondheidsake betrokke is, is dit miskien tyd om met ’n avontuurlike nuwe benadering te eksperimenteer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan ’n positiewe en genotvolle dag verwag as jy ontspan en nie toelaat dat nietighede jou onderkry nie. Niemand wil naby ’n hoogs gespanne Maagd wees nie. Mik ook daarna om meer spontaan te wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Benut die dag ten volle. Jou motto op die oomblik kom van die aktrise Sarah Bernhardt, wat Mercurius en Mars in die Weegskaal-teken gehad het: “Lewe bring lewe voort. Energie skep energie. Deur jouself te bestee, word jy ryk.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Strategiese Skerpioene hou daarvan om alles en almal te reël. Die kalm en samewerkende Venus besoek jou teken; dit is tyd om uit jou beheervraatmodus te gly en dinge te aanvaar soos dit kom.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy gaan vinnig verveeld raak met jou gewone roetine; beplan iets spesiaals vir later vandag. Waar ’n vriend of kennis betrokke is, maak jou gereed vir die onverwagte.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Verhoudings met ’n gesinslid of buurman gaan vandag produktief wees. Vermy die behoefte om te kritiseer. Vind nog maniere waarop jy tot diens kan wees in jou plaaslike gemeenskap.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is tyd om jou horisonne te verbreed deur middel van nuwe vriendskappe en internasionale kontakte. As jy met enersdenkende mense saamspan, sal dit nuwe deure met geleenthede vir almal oopmaak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mars en Neptunus help om jou met volop deernis en ’n kreatiewe plan deur die dag te laat kom. Die kombinasie van fisieke uithouvermoë en emosionele energie is ’n wenresep.

© Joanne Madeline Moore