JOU DAG

Maak vandag seker jy kies jou woorde wys. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie oorredend, maar jy kan ook oorbeskermend optree teenoor ander mense. Gee geliefdes meer beweegruimte in die jaar wat voorlê.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Trek jou skaatse aan, Ram, en ruim vroegdag die dringende take of belangrike projekte uit die weg. Die perfekte tyd om te waag om iets opwindend anders te doen, is laatmiddag en die aand!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Werkprobleem sal nie verdwyn as jy eenvoudig aanhou om dieselfde ou dinge te doen nie. Jy het ’n avontuurlike en buigbare benadering nodig as jy werklik wil hê die situasie moet verander. Raak dus kreatief, Bul!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Is jy gereed om uit ’n Tweelinggroef te spring? Wees proaktief oor jou soeke na vars vriendskappe en innoverende inligting. Dit sal ook voordelig wees om jou netwerk deur middel van die sosiale media uit te brei.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer proaktief en eksperimenteel jy is – veral by die werk – hoe meer suksesvol gaan jy wees. Laat jou intuïsie die weg aanwys as jy onseker is oor hoe jy ’n geliefde moet hanteer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Gebruik jou bekkigheid – en aansienlike Kat-sjarme – om met heelwat styl uit ’n ongemaklike situasie te glip. As jy met ’n vriend(in) in die buiteland in aanraking kom, sal dit jou hunkering na ’n reis verhoog.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n huismaat of kollega betref, moet jy lewendige gesprekvoering verwag wanneer julle saamstem om nie saam te stem nie oor ’n aktuele kwessie. Jy hoef egter nie te voel jy moet verskoning maak vir jou standpunt nie, Maagd.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jupiter beweeg tans deur jou teken, en dit bevoordeel ekstra vrygewigheid met jou tyd en talente. Moet egter nie alles wat iemand jou vertel, vir soetkoek opeet nie. Jy kry dalk net die vergulde weergawe.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

By die werk wens jy dalk jy was tuis. En tuis word jou gedagtes dalk deur werksake oorheers. Probeer dus om die pas te verslap, te ontspan en die plek te geniet waar jy ook al vandag bevind.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Spontane Boogskutter – jy gaan vandag ekstra rusteloos voel terwyl jy jou rondhaas en nuwe avonture soek. Stadig oor die klippe en markeer die pas, anders kan jy dalk iets sê of doen wat jy later sal berou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Maan beweeg deur die avontuurlike Waterdraer en jy kan baie by jou buurman in die Diereriem leer, byvoorbeeld om meer oopkop en eksperimenteel te wees – en jouself nie so ernstig op te neem nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Moenie vandag verveeld wees nie, Waterdraer! Jy gaan verfris voel as jy jou gewone roetine ’n bietjie opklits. Jou moedswillige sy kom aan die gang wanneer jy aanvegbare punte ophaal – persoonlik of in die sosiale media.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer vandag jou bes om goed te voel oor jouself. En probeer jou omring met hope ondersteunende mense wat jou Visse-kreatiwiteit aanspoor en jou dagdrome aanmoedig.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.