aries-hg-w

JOU DAG

Die Skerpioenmaan versterk vandag emosies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is wel ter tale en het ’n diplomatiese styl; daarom voel jy jy maak ’n verskil. Vanjaar moet jy daarop fokus om romantiese, platoniese en sakevennootskappe te verbeter.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dit sal wys wees om uit te pluis waarheen jy finansieel op pad is. Mercurius beweeg agteruit deur jou geldsone; maak seker jy is deeglik en het al die feite.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Wees versigtig met ’n geliefde, anders gaan julle op mekaar se tone trap. ’n Wrewelige verhouding met ’n kollega sal verbeter as julle konsentreer op wat julle gemeen het.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy kan vandag tydelik die pad byster raak weens mense wat jou ontstel of situasies wat jou verwar. As jy noukeurig na jou intuïsie luister, sal dit jou eindelik in die regte rigting stuur.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Bekommer jy jou gedurig oor verhoudings? Dit sal nie help om te hoop hulle sal verdwyn nie. Die planete spoor jou aan om geduldig en volhardend te wees terwyl jy praktiese oplossings vir huidige probleme soek.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

’n Intieme verhouding word ietwat gekniehalter, maar moenie te erg bekommerd wees nie. Spits jou eerder toe op ’n persoonlike projek wat die potensiaal het om in die toekoms groot hoogtes te bereik.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Verhoudings en reis is vir jou ’n moeilike kombinasie, veral met Venus en Mercurius wat in trurat deur jou vennootskap- en avontuursone beweeg. As jy dus twyfel, maak dubbeld seker.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Dit is tyd om praktiese take aan te pak met die maan wat deur jou sake- en finansiële sone beweeg. Mercurius is in trurat. Gaan alles weer na, aangesien ’n chaos in kommunikasie en ’n deurmekaarspul met geld kan voorkom.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Mercurius wat agteruit deur jou verhoudingsone skuif, gaan dit vandag baie maklik wees om ander mense verkeerd te verstaan. Dink baie versigtig voor jy reageer – of oorreageer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Is jy bestem vir ’n nuwe werk, bevordering, bonus of verhoging? As jy finansieel vooruitgang wil maak, moet jy proaktief en geduldig wees. Benut ook jou netwerk van suksesvolle kollegas.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan

’n Vriendskap word getoets; dink twee keer voor jy iets onvanpas sê. ’n Gekoesterde droom het die potensiaal om te blom, maar jy moet volhard en geduldig wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Streef daarna om onbevooroordeeld te wees, veral in ’n groepsituasie. Jy het geen beheer oor wat ander mense dink nie, so moenie energie mors deur te probeer nie. Probeer liewer om gehaltetyd deur te bring saam met ’n spesiale vriend/in wat jou laat glimlag.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy gaan lus voel om intiem en persoonlik te raak wanneer jy praat, boodskappe stuur, twiet of die wêreld aan die praat kry met plasings in die sosiale media. Mecurius beweeg agteruit deur jou sosialemediasone; moet dus nie enigiets verwarrends of omstrede kwytraak nie.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017