JOU DAG

Die nuwemaan is die ideale tyd om ’n nuwe begin te maak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie toelaat dat jou besitlike, geheimsinnige kant in 2016 buite beheer raak nie. Vat dinge stadig, leer om te ontspan en hou jou gedagtes op die toekoms gefokus.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die nuwemaan dui op ’n ommekeer wat met geldsake of ’n intieme verhouding te doen het. Dis tyd om met positiewe veranderings te begin en ander te inspireer om dieselfde te doen.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Gaan ’n verhouding deur ’n slegte tyd? Is jou verhoudings vervelig? Die nuwemaan en Mercurius spoor jou aan om op kreatiewe maniere met jou naastes en geliefdes te praat.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kyk goed hoe fiks en gesond jy is terwyl die nuwemaan jou welstandsone aktiveer. Dis tyd om gesond eet en gereelde oefeninge ’n belangrike deel van jou daaglikse roetine te maak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die nuwemaan beloof ’n tydperk waarin ou vriendskappe gekoester en nuwes gevestig word. Beplan iets romanties saam met jou maat. Liefde is in die lug vir enkellopendes.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis jou beurt om te skitter! Jou gesinslewe lyk ook fantasties met die nuwemaan en Mercurius in jou huishoudelike sone. Dit dui op pret, leer en nuwe beginner tuis.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Is jou brein oorvol inligting? Probeer om jou kop skoon te kry. Pas aan by nuwe denkwyses en vind nuwe oplossings vir ou, hardnekkige probleme.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Bly skerp terwyl jy nuwe inligting oor geld oordink. Venus beloof groter kontantvloei, maar jy kan dit dalk met ’n inkopietog kanselleer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is vandag uitsonderlik deernisvol en sjarmant met die nuwemaan en Mercurius wat jou teken belig. As jy kreatief met ander kommunikeer, sal jy waarlik vooruitgang maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is gesellige mense wat van partytjies hou. Maar die nuwemaan is in jou sone vir privaatheid. Probeer dus vandag tyd alleen bestee om te ontspan en weer krag te kry.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met die nuwemaan in jou sone vir hoop en wense streef jy daarna om innoverend en kreatief te droom. Die omstandighede is ook goed vir prettige groepsaktiwiteite.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dis tyd om werksomstandighede te skep en jou professionele potensiaal te vermeerder terwyl die nuwemaan jou loopbaansone stimuleer. Jy sal dalk ’n projek moet laat staan en van voor af begin.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Baie Visse is gretig om te reis en die beste tyd vir ’n heerlike vakansie is tussen nou en 4 Januarie. Begin beplan, bespreek en pak so gou moontlik!