JOU DAG

Dit is ’n goeie dag vir aktiwiteite wat opleiding, reis en internasionale verbindinge betref.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n vrugbare verbeelding, maar kan onrealisties wees. Probeer in 2016 om nie foute te herhaal nie. Hoe meer jy uit die verlede leer, hoe meer opwinding sal die toekoms inhou.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ander mense kan dalk vandag jou gedrag onvoorspelbaar vind, Ram. Probeer dus jou bes om nie in sinlose magstruwelinge betrokke te raak nie. Vind liewer slim maniere om jou liggaamlike en geestelike energie aan te wend.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer energie jy in gesondheid en fiksheid insit, hoe beter gaan jy voel . . . van binne sowel as van buite. Fisieke aktiwiteite soos stap in die bos, draf, voetslaan en rotsklim pas besonder goed by aardsgesinde Bulle.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Mercurius en Mars wat albei terugbeweeg, is kommunikasie met ander mense op die oomblik netelig. Wees dus geduldig en moenie aannames maak nie. As jy twyfel, moenie aarsel om weer ’n keer te dink nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit sal vandag nie veel kos om jou om te krap nie. ’n Persoonlike of professionele verhouding sal ook onvoorspelbaar wees aangesien die planete onopgeloste kwessies na die oppervlak bring. Probeer die lug suiwer en aangaan met jou lewe.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Verwag vandag onverwagte komplikasies, Katte – veral wat reis, opleiding of wetlike sake betref. Wat ’n kollega by die werk of ’n kliënt betref, strewe na oop en eerlike kommunikasie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Kwessies waarby geld betrokke is, kan vandag verwarring veroorsaak. As jou geld aan iemand anders verbonde is – hetsy persoonlik of professioneel – moet jy daarna streef om die kommunikasiekanale wyd oop te hou.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Daar kan ’n bietjie wrywing met ’n familielid wees aangesien dié sy of haar gesag laat geld. Moenie oorreageer nie, maar moet ook nie toelaat dat die mens oor jou loop nie. Dit is hoog tyd dat Weegskale ferm sowel as buigbaar raak.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hoe meer jy vandag ander mense probeer beheer, Skerpioen, hoe meer gaan hulle hulle teësit. As jy probleme en ’n magstryd wil vermy, moet jy leer hoe om dinge te laat gaan en jou lewe voort te sit.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie toelaat dat oormoed jou vandag pootjie nie. Jy het ambisieuse planne en oogmerke, maar hulle gaan slegs werk as jy ander mense aan jou kant kan kry. ’n Positiewe en lewendige benadering kan baie voordele meebring.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy werk agter die skerms aan projekte, maar sien enigiemand jou pogings raak? Moet jou nie bekommer nie, Steenbok; ander mense sal oor die volgende paar maande jou talente om baie dinge tegelyk te doen begin waardeer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Bly ver weg van omstrede of ruwe gespreksonderwerpe af aangesien dinge ongemaklik kan raak. Soek liewer innoverende en prettige maniere waarop jy meer kan bydra tot jou plaaslike gemeenskap.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wees versigtig oor hoe jy vandag met ander mense kommunikeer. As jy negatief en krities is, gaan hulle aanstoot neem. Jupiter moedig jou aan om ’n breër siening te ontwikkel en ’n meer optimistiese houding aan te kweek.