Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Mars vorm ’n aspek met Pluto en dit verhoog motivering en vasbeslotenheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie bekwaam, maar moenie te eng raak in jou lewensbeskouing nie. Jupiter moedig jou aan om in 2017 nuwe idees, idees, mense en plekke te verken.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou heerser, Mars, is in jou afsonderingsone; dus moet jy tyd inruim om na binne te kyk. Aktiwiteite soos meditasie bepeinsing joga en tai chi is goeie maniere om hierdie geestelike energie te kanaliseer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mars marsjeer tot 28 Januarie deur jou hoop- en wenssone. Dit is dus noodsaaklik dat jy daarop fokus om jou doelwitte en drome in iets tasbaars te omskep. Mars moedig jou aan om die daad by die woord te voeg.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Mars wat deur jou werksone ploeg, is die volgende twee weke die beste tyd van die jaar om jou loopbaan aan te wakker en professionele projekte aan die brand te skop. Vroeg begin is half gewin!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Voel jy rusteloos? Droom jy van buitelandse eskapades en eksotiese avonture? Die dinamiese Mars motiveer jou om te reis en te ontdek. Probeer dus binnekort ’n reis onderneem.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Katte in verhoudings: Die Mars-Pluto-verbinding toon aan dat dit tyd is om meer intiem met jou maat te raak, fisiek en emosioneel. Enkellopende Leeus: Soek liefde by ’n parmantige Boogskutter of ’n sexy Skerpioen.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die dinamiese Mars koppel vandag met kragtige Pluto. Die tyd is dus geleë om proaktief te raak met die verbetering van intieme verhoudings – ongeag of dit die romantiese, platoniese of sakevariasie is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mars skuif deur jou welsynsone; dus is dit tyd om gemotiveerd te raak wat jou dieet, gesondheid en fiksheid betref. Wat gereelde oefening betref, sal dit help as jy ’n sport aanpak wat ook ’n sosiale element bevat.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars en Pluto vuur jou vriendskap- en buurtkontaksones aan. Dit is ook nou ’n produktiewe tyd om meer proaktief te raak met die uitstryk van ’n uitdagende verhouding met ’n kind of tiener.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Op die tuisfront is dinge aan die brand, Boogskutter, met die magtige Mars wat deur jou tuissone storm. Die tyd is dus perfek om al daardie werkies wat jy op die agtergrond geskuif het, aan te pak!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Kan jy dalk ’n groter bydrae in jou buurt lewer? Mars en Pluto motiveer jou om meer betrokke te raak in jou plaaslike gemeenskap. Jy het ’n verskeidenheid talente om aan te bied.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die magtige Mars beweeg tot 28 Januarie deur jou geldsone en dit help jou meer gemotiveerd en proaktief raak wat geldsake betref. Slaan dus munt daaruit solank jy kan.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die selfversekerde Mars storm elke twee jaar deur jou teken, en dit verhoog jou selfversekering en motivering. Die tyd is dus perfek om ’n uitdaging aan te pak met volop Visse-passie en -doelgerigtheid.

© Joanne Madeline Moore