JOU DAG

Die positiewe aspekte van Venus/Jupiter beloof pret en ’n aangename dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Afgetrokkenheid en selfbeheptheid gaan jou jaar meer stresvol maak. Hoe meer verbindings jy met ander mense het, hoe meer bevredigend sal die jaar wees.

RAM 21 Mrt.-20-Apr.

Venus beweeg tot 17 Februarie deur jou loopbaansone. Hierdie tydperk is dus voordelig om aansoek te doen om ’n betrekking, jou werkruimte op te kikker of kommunikasie met kollegas, kliënte en klante te verbeter.

BUL 21Apr.-21 Mei

Venus, die planeet wat jou beheer, span saam met Jupiter, dus is dit ’n fantastiese dag om op die heel aangenaamste manier te soek na dit wat jy begeer terwyl jy heerlik flirteer en die voëls met jou sjarme uit die bome lok.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met duidelike kommunikasie en ’n positiewe benadering sal jy self verbaas wees oor jou vaardighede wat innoverende probleemoplossing betref. Mars beweeg deur jou gesondheidsone; dus is dit hoog tyd om te begin oefen.

KREEF. 22 Jun.-23 Jul.

Verbonde Krewe, doen gerus jou bes om jou maat se selfvertroue ’n welkome hupstoot te gee. Alleenlopers, daar is liefde in die lug, want Venus besoek jou romansesone tot 17 Februarie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Julle verkies om die kalklig te steel, Leeus, maar op die oomblik draai alles beslis nie om julle nie! Jul verhoudings sal definitief verbeter as julle meer aandag skenk aan die manier waarop julle kommunikeer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Hoe ruimhartiger jy is, hoe beter sal die dag uitdraai. En hoe aangenamer sal die verhouding met ’n kind, tiener of vriend wees wanneer jy hulle ondersteun en luister na die dinge waaroor hulle bekommerd is.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Kom weg van die kantlyn af, Weegskaal! Jou heerserplaneet, Venus, koppel met Jupiter, dus kom jou slagspreuk tans van Anaïs Nin af: “Goeie dinge gebeur met mense wat hulle wikkel.”

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Hoe meer proaktief en buigsaam jy is, hoe beter gaan die dag verloop. Groepsaktiwiteite en sosiale media word uitgelig, terwyl innoverende mense en nuwe idees jou beïnvloed.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Wees gereed vir ’n onbekende faktor, want afwagting, passie en opwinding is op die agenda. Konsentreer op die ontwikkeling van ’n tweede bron van inkomste. Sake lyk belowend, maar jy sal geduldig moet wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Venus flirteer deur jou teken, dus is dit tyd dat jy fantasties flankerend en onweerstaanbaar sjarmant moet wees. Alleenlopende Bokke, ’n ou liefde kan weer vlam vat.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wat geld betref, moet jy die balans vind tussen roekeloos optimisties en sinvol versigtig wees. Kennis is mag vir slim Waterdraers namate jul finansiële geletterdheid uitbrei.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Enkellopende Visse, Jupiter reis deur jou verhoudingsone. Verwag dus dat ’n stroom van potensiële maats tussen nou en 9 September ’n paadjie na jou voordeur sal ooptrap.