JOU DAG

Vandag se sterre laat studies, navorsing en speurwerk gunstig lyk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dis groot pret om saam met jou te wees, maar baie kan afhang van die toejuiging en goedkeuring van ander. Streef die volgende jaar daarna om meer selfstandig te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hou op om jou oor geldsake te bekommer en wees meer proaktief. As jy jou finansiële situasie wil verbeter, moet jy kragte saamspan met iemand wat geldslim is en jou goeie raad kan verskaf.

BUL, 21 Apr.-21 Mei.

As jy ’n sakereis of vakansie beplan, moet jy nie alles tot op die nippertjie uitstel nie. Dis nou tyd om huiswerk te doen, jou reisplan deeglik te bekyk en jou dokumente in orde te kry.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Sloer jy met al die selfdoentakies om die huis wat wag om afgehandel te word? Stel ’n rooster op sodat jy oor die volgende paar dae kan skoonmaak, rangskik, versier, herstel en rommel uitgooi.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Intieme verhouding ondergaan tans ’n diep verandering. Dis soos ’n slang wat vervel. Dinge voel wankelrig, maar byt vas. Julle gaan met die magtige Pluto se hulp ’n stewige nuwe fondament bou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is gretig om jou eie kop te volg, maar moenie ander mense se behoeftes afskeep nie. Duidelike kommunikasie is die wagwoord. Moet ook nie die geleentheid misloop om ’n belangrike verandering by die werk aan te bring nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius, jou heersende planeet, beweeg tans deur jou teken. Dit is uitstekend vir gesels, selfoonboodskappe, twiets, om te sosialiseer en meer sigbaar betrokke te raak by jou plaaslike gemeenskap.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die sterre lyk gunstig sodat jy met jou kreatiewe innerlike kan kontak maak, terwyl jy jou skoene uitskop en pret soek. Dis tyd om diep en betekenisvol te raak met ’n familielid of intieme vriend.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou kommunikasievermoë en Skerpioen-oorredingsvermoë is sterk, dus moet jy dit wys gebruik. Alle soorte netwerkvorming word bevoordeel, want jy vorm langdurige skakels met eendersdenkende mense.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sterre stuur ’n gelukkige geleentheid of sakeblaaskans in jou rigting, maar dit gaan nie gratis wees nie. Jy moet genoeg gefokus bly om dit raak te sien – en gedissiplineerd genoeg om tot positiewe optrede oor te gaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer mense jy vandag mee in aanraking kom – tuis en van ver – hoe suksesvoller gaan jy wees. Moenie blink idees vir jouself hou nie. Netwerkvorming, omgee en deel is die sleutelwoorde.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat probleemoplossing betref, moet jy nie die ongelooflike krag van jou Waterdraer-verbeelding onderskat nie. Kry inspirasie by Albert Einstein: “Verbeelding is belangriker as kennis.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy met geliefdes kommunikeer, mik daarna om minder te praat en heelwat meer te luister. Dis ook ’n wonderlike tyd om jou aansienlike talente met ’n plaaslike groep, klub of organisasie te deel.