pisces-hg-w

JOU DAG

Wanneer die maan in die teken van die Ram is, bevorder dit aksie, avontuur, energie en geesdrif.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die sleutel tot ’n suksesvolle 2017 is om getrou te bly aan jouself. Jy sal onoorwinlik wees as jy jou deur jou intuïsie laat lei. Moenie bang wees om op te staan vir jou oortuigings nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Aangesien die maan deur die teken van die Ram beweeg, is jy gretig om te sê wat jy dink. Jou vermoë om ander aan te spoor, is boonop sterker as ooit. Benut jou vurige energie en geesdrif ten volle.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dit kan lyk of jy te min selfvertroue het, maar jy het ’n stille innerlike vertroue en deursettingsvermoë wat eindelik sigbaar sal word. Jou intuïsie sal jou vandag wys wat jy moet doen.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Gesellige Tweelinge is in die luim vir groepsaktiwiteite. Hoe meer julle onder die invloed van Venus en Mars jul kreatiewe talente met ander mense deel, hoe suksesvoller sal julle wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy voel dalk emosioneel kwesbaar, maar moenie dinge bemoeilik deur buierig te wees en magspeletjies te speel nie. As jy op die verdediging is, gaan dit net teenkanting uitlok.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy voel uiters geesdriftig noudat die maan deur die Ram, ook ’n vuurteken, beweeg. Jy is geestelik op en wakker en kan vinnig besluite neem. Probeer wel fyn luister na wat ander te sê het.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Pak geestelike take met ekstra energie aan. Jy sal beplanning, studies of navorsingswerk kafdraf. Moet egter nie kortpad vat wat geldsake betref nie; dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Alle soorte vennootskappe – romanties, platonies en sake – is tans ingewikkeld. Kommunikasie vloei gemaklik, maar moenie oorhaastig afleidings maak nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die kragtige Pluto versterk jou magnetisme en obsessiewe kant. Jy wil op werk en welsyn konsentreer. Moet egter nie mense met uitermatige intensiteit afskrik nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Stadig oor die klippe! Jy wil dinge gedoen kry, maar onthou: Ander mense is by jou planne betrokke. As jy nie eers met hulle beraadslaag nie, gaan jy op die ou end net tyd mors.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis dalk tyd om dinge uit te praat as jy met ’n gesinslid ’n probleem het. Wat ’n kollega betref, sal lof jou heelwat verder bring as kritiek.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wanneer die maan in die teken van die Ram is, voel jy ekstra ongeduldig en energiek. Die tyd is ryp vir groot, kragtige skuiwe.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie uitstel nie! Die dinamiese Ram-maan gee jou die selfvertroue om ferm besluite te neem, veral wat geldsake betref.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.