JOU DAG

Verhoudings kan netelig wees, maar hope geduld sal jou daar deurkry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy behoort in 2016 jou kragte te vier en die balans tussen jou beroeps- en jou privaat lewe in orde te kry. Werk ook daaraan om ’n veilige finansiële neseier vir die toekoms te verseker.

RAM, 21 Mrt-20 Apr.

As jy die eerste ding uitblaker wat in jou gedagtes opkom, sal jy net ander ontstel en naderhand begin stry. Laat jou intuïsie jou lei terwyl jy dieper kyk om uit te vind wat werklik aangaan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei.

Jy sal vandag in staat wees om teen ’n gestadigde en beheerste pas deur projekte te stoom, Bul. Sake-aangeleenthede en professionele bedrywighede word bevoordeel, maar maak seker jy pas aan by veranderende omstandighede.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Voortvarende Tweeling, jy is ongeduldig om veranderings aan te bring, maar moenie met oorhaastig te werk gaan nie, veral wat intieme verhoudings betref. Gebruik jou kommunikasievaardighede om ander te motiveer, pleks dat jy hulle vervreem.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vermy vandag die neiging om terug te val op magspeletjies wanneer jy met ander mense werk – veral tuis en by die werk. Streef daarna om jou behoeftes openlik en eerlik uit te stippel, sonder om buierig of manipulerend te wees.

LEEU, 24 jul.-23 Aug.

Span vandag die planete se patrone in om kreatief te dink en met deernis op te tree. Netwerkvorming en vriendskappe word bevoordeel terwyl jy jou uitbreidende internasionale skakels navors en ontwikkel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou emosies is vandag ietwat wisselvallig, Maagd, aangesien jy berge van molshope maak. Moet jou nie aan enige groot veranderings verbind nie, want jy gaan môre moontlik heeltemal anders voel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se sterpatrone verhoog jou neiging om té afhanklik te wees van ander mense se menings. As jy nie binnekort ’n belangrike besluit neem nie, gaan iemand anders intree en dit namens jou doen.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Ander mense is nie in die luim om doekies om te draai nie; dus moet jy nie vandag aanstoot neem as jy ’n paar grondige waarhede hoor nie. Saturnus is in trurat deur jou geldsone; daarom moet jy niks op skuld koop nie. Bly by kontant.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag moedig die sterpatrone eksperimentering en kommunikasie op kreatiewe en skerp maniere aan. Gevoelens kan wissel aangesien Uranus en Pluto vurige emosies deurmekaarskommel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vermy die versoeking om loopbaansukses bo die liefde te stel, en werk bo jou gesin. Soos jou beroemde verjaardaggenoot Marilyn Monroe opgemerk het: “’n Loopbaan is wonderlik, maar jy kan jou nie op ’n koue aand daarteen aanvly nie.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Kommunikasie gaan vandag uitdagend wees, behalwe as jy superhulpvaardig kan wees. En moet ook nie impulsiewe besluite oor geld neem nie aangesien jy nie die huidige prentjie duidelik sien nie.

VISSE. 20 Feb.-20 Mrt.

Daar is geen ruimte vir uitstellery so tipies aan die Visse nie … hoe meer georganiseerd en proaktief jy is, hoe beter sal die dag verloop. Platsak Visse, soek innoverende maniere om jul kontantvloei te verbeter.