JOU DAG

Die gelukkige Jupiter skuif tot in Weegskaal. Dit bevoordeel liefde en vriendskappe.

AS JY VANDAG VERJAAR

Niks is vir jou lekkerder as ’n sappige uitdaging nie, maar onthou: Jy is gesog vir wie jy is, nie wat jy doen nie. Daar is ’n verskil.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jupiter spring by jou vriendskapsone in. Probeer dus meer meegevoel met geliefdes te toon en vrygewiger te wees. Probeer ook om ’n problematiese verhouding uit ’n meer filosofiese oogpunt te bekyk.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jupiter spring tot in jou welstandsone, en dit is oor die volgende 12 maande goeie nuus vir jou fisieke gesondheid en emosionele welstand. Daar is egter een voorwaarde: Jy moet gedissiplineerd wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Oor die volgende 12 maande gaan baie ywerige Tweelinge ’n sportsoort of stokperdjie aanpak, ’n warm romanse begin, met vakansie gaan of ’n nuweling in die familie verwelkom. Kreatiewe projekte word ook bevoordeel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jupiter is reg om jou huishoudelike horisonne uit te brei. Oor die volgende 12 maande kan jy dus vaste eiendom verkoop, verhuis, ’n nuwe huismaat kry of huisverbeterings aanbring om nog woonruimte te skep.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou sosialemedia-profiel tel oor die volgende klompie maande stoom op. Een van jou boodskappe kan selfs soos ’n veldbrand versprei omdat Jupiter kommunikasie bevorder.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Was jy bekommerd oor geldsake? Jupiter is die volgende 12 maande op reis. Put dus die meeste uit die gelukkige finansiële geleenthede wat na jou kant toe aankom.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die gelukkige Jupiter beweeg tot Oktober 2017 deur jou teken. Maak seker jy slaan munt uit die vurige energiehupstoot wat hy voorsien. Selfvertroue is die vuurpylbrandstof wat jou regtigwaar êrens gaan bring.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy gaan waarskynlik oor die volgende 12 maande meditasie of joga aanpak of die een of ander soort metafisiese studie omdat Jupiter jou geestelike perspektief verbreed. Daar is altyd iets nuuts te leer!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dis tyd om planne te maak en doelwitte te stel. En moet hulle nie te veilig en sinvol maak nie! Gaan groot, met Jupiter wat jou oor die komende jaar help om ambisieuse drome en kreatiewe planne uit te dink.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jupiter – die planeet van gelukskote en voorspoed – beweeg tot in jou loopbaantuiste. Dis goeie nuus vir ’n verhoging, nuwe werk of ’n professionele gelukkie wat oor die volgende 12 maande na jou kant toe mag kom.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Jupiter se skuif tot in jou reissone roep vreemde plekke jou. Begin nou al jou reisprogram vir die volgende 12 maande beplan. Dis ook belangrik om by te bly met jou internasionale kontakte.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jupiter beweeg tot in jou “geld-van-ander-mense”-sone. Oor die volgende jaar kan jy dus voordeel trek uit ’n erfporsie, lening, skei-ooreenkoms, versekeringseis, stewige belastingterugbetaling of pensioenuitbetaling.

© Joanne Madeline Moore