.

JOU DAG

Venus in die Maagd-teken skep gunstige omstandighede vir jou om op praktiese maniere kreatief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Wees die komende jaar voorbereid op skielike veranderinge en verrassende gebeure in ’n nabye verhouding. Hou jou oog op jou werkdoelwitte.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag probleme vermy nie – probeer om jou so duidelik moontlik in alle kommunikasievorme uit te druk. Jou dag sal goed wees as jy liefdevol en warm teenoor gesinslede is.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die fokus is op kreatiewe aktiwiteite – veral dié wat kinders, tieners of vriende behels. Daar is ook iets magies en misterieus in die lug. Maak dus seker jy geniet die dag ten volle.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kry maniere om jou die mense tuis gelukkiger te maak en meer harmonie te bewerkstellig. Dit kan kwessies met familie insluit of dalk herorganiseer jy die ruimtes in jou huis om by jou huidige behoeftes te pas.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die fokus is op gesinsake, maar omstandighede tuis sal veranderlik en verwarrend wees. Jy sal die vrugte pluk as jy proaktief en positief bly en geliefdes ondersteun.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jy op soek is na kreatiewe maniere om geld te maak, kan jy by ander kers opsteek vir nuwe idees. Wees versigtig met wat jy vir familie of bure sê. Kies jou woorde wys.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Baie Maagde voel selfversekerd en spraaksaam met Venus in jou teken wat jou opgewek laat voel. Jou selfdissipline is min en jy het ’n groot behoefte aan plesier.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Daar is vandag ’n fyn lyn tussen droombeelde en valse voorstellings. Wees dus versigtig. Span jou aktiewe verbeelding op positiewe, produktiewe maniere in – en moenie alles glo wat jy hoor nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy het fantastiese sterre om te netwerk en aan groepsaktiwiteite deel te neem. Jy kan ook ekstra geld maak met kreatiewe pogings. Doen net eers navorsing daaroor.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Van volgende Maandag af is dit ’n wonderlike tyd om vir werk of bevordering aansoek te doen, jou werkruimte te herversier of op ’n kollega verlief te word. Die geluksgodin is aan jou kant!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kommunikasie kan vandag kreatief of verwarrend wees – dit hang van jou af. Hoe meer jy ander die volgende twee dae prys en ondersteun hoe meer produktief sal jy wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die fokus is op romanse met Venus wat deur jou sone vir intimiteit beweeg. Enkellopendes: kan jy tussen ’n ware konneksie en ’n mislukte afspraak onderskei? Laat jou intuïsie jou lei.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met Venus in jou verhoudingsone doen jy jou bes om ’n geliefde te oortuig om jou met ’n gesamentlike onderneming te help. Beraam planne vir meer kwaliteittyd tuis die naweek.