JOU DAG
’n Vurige Boogskutter-maan laat die energie opvlam en die geduld raak min.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is ’n uitgesproke en vasberade mens. Jy sal jou drome baie vinniger bereik as jy minder tyd aan stres en meer aan ontspanning wy.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die volmaan moedig jou aan om jou toekomsdrome te visualiseer en uit te voer. Soos die aktrise Nicole Kidman sê: “Die lewe is vol kronkels. Hou styf vas en daar gaan jy.”

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Verbonde Bulle, dinge kan warm en moeilik raak, terwyl die volmaan jou intimiteitsone versterk. Enkellopendes, jy is haastig om ’n betroubare maat te kry, maar sal geduld moet beoefen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy kan so vasgevang word in die bedrywighede van jou daaglikse lewe dat jy die mense afskeep wat die naaste aan jou is. Die volmaanstrale skyn op jou verhoudingsone; bring vandag of vanaand gehaltetyd saam met jou geliefdes deur.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Met die volmaan wat jou werk- en daaglikse roetinesone aktiveer, is die kans goed dat jy ’n bietjie nagwerk gaan doen. Pas jouself aan, anders kan jy ’n stresverwante gesondheidskwessie opdoen.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Die volmaan verlig jou vermaaksone. Dis die ideale tyd om partytjie te hou, te fliek, ’n konsert by te woon of tuis te onthaal. Maak jy dalk te gou afleidings wat ’n kind of vriend betref?

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Die fokus is vandag op die huis en beroep. Jy probeer om huishoudelike kwessies met professionele projekte weg te toor. As jy jou minder bekommer sal jy meer tyd en energie hê om dinge gedoen te kry.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Kommunikasie met ander mense is die sleutel tot ’n opwindende en bevredigende dag. Moenie weggevoer raak en jou vermoë oorskat om ’n bydrae te lewer nie. Dit is baie beter om te min te belowe en te veel te lewer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die volmaan skyn ’n kollig op geldsake wat jy van jouself dink. Kry vertroue in jou eie innerlike waardigheid en moenie geheg raak aan die skyn en stoflike besittings nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Met die volmaan wat jou teken aktiveer, word jou positiewe eienskappe vergroot – en so ook die negatiewes. Streef daarna om reguit en spontaan te wees eerder as baasspelerig en halsoorkop.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Haal jou neus van die slypsteen af en kyk na binne. Dit is ’n gunstige tyd vir ’n bietjie stille nabetragting, terwyl jy met jou innerlike self kommunikeer – en berading ontvang.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Jou onafhanklike, rebelse geaardheid word vandag gestimuleer. Jy voel avontuurlik en doen die teenoorgestelde van wat verwag word. Ander mense sal dalk geskok wees, maar jy moet doen wat die beste vir jou is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Verveel jou werk jou? Die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie. Met die volmaan wat jou beroepsone verlig, is ambisieuse aspirasie in orde, maar jy sal ook jou voete stewig op die grond moet hou.

Kopiereg  Joanne Madeline Moore 2017