JOU DAG

’n Positiewe houding lei tot ’n bevredigende en suksesvolle dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n vurige en energieke persoonlikheid. 2017 is die jaar om meer van die wêreld daar buite te verken, plaaslik en internasionaal.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Verhoudings met jou gesin en vriende sal jou op jou tone hou. As jy oor iets bekommerd is, maak oop en vertel ’n geliefde hoe jy regtig voel. Onthou ’n gedeelde probleem is ’n halwe probleem.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die sterre lyk gunstig vir hersiening en navorsing, asook om los punte bymekaar te kry voor jy ’n ambisieuse nuwe projek begin. Kyk vandag deeglik wat onder die glansende bedekking aangaan.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou lewe is geweldig onstuimig. Moenie huiwer om hulp te vra waar nodig nie. As jy jou behoefte met ekstra geesdrif oordra, sal ander mense graag help.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe kan geweldig selfbehep wees, maar hoe meer jy op die behoeftes van vriende en familie konsentreer, hoe beter gaan die dag raak. As jy geïrriteerd voel, ruim tyd in om te ontspan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kommunikasie word beklemtoon, dus kan jy heelwat telefoonoproepe, e-posse, SMS’e en slakkepos verwag. Hoe meer jy oor die internet kontak maak met oorsese kontakte, hoe meer suksesvol sal jy wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Finansiële bedrywighede lyk gunstig, want die Son en Jupiter aktiveer jou geldsone. Maak seker dat jy jou geldsake versigtig benader, met ’n sin vir syfers en ’n goeie oog vir besonderhede.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jupiter en die Son stimuleer jou teken; dis tyd om te skyn. Jou huidige motto kom van die skrywer Emily Dickinson: “Vind ekstase in die lewe; die eenvoudige gevoel van leef is genotvol genoeg.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die planete moedig jou aan om jou te pamperlang met ’n massering, gesigsbehandeling, nuwe klere of ’n nuwe haarstyl. Enkellopendes, jy kan dalk jou sielsgenoot ontmoet deur ’n familielid wat julle aan mekaar voorstel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die Son laat jou vandag goed voel. Jy is bedrywig op die internet, persoonlik en in die sosiale media. Groepaktiwiteite lyk gunstig; maak seker jy verkeer sosiaal.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Lei vandag deur ’n voorbeeld te stel. Jy het die vermoë om ander mense op positiewe wyses te beïnvloed, veral by die werk. Lof en aanmoediging gaan jou verder bring as kritiek en negatiewe kommentaar.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus wat nou jou teken besoek, is jy gretig om jou in ’n paar van die lewe se klein luukshede te begewe. Of dit nou kos vir die fynproewer, goeie wyn of uitsonderlike selfsorgprodukte is; jy wil jouself trakteer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Alle soorte werkkwessies lyk vandag gunstig en jy kan dalk by ’n invloedryke kollega aansluit. Maak net seker jy is deeglik voorberei.

© Joanne Madeline Moore