JOU DAG

Konflik kan bestaan tussen dit wat jy wil hê en dit wat jy nodig het.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n uiterste pragmatis. Volg in die komende 12 maande jou passies, maar moet terselfdertyd nie jou verantwoordelikhede ten opsigte van jou verhoudings afskeep nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is rusteloos aangesien die planete jul impulsiewe en roekelose sy deurmekaar woel. Die toutrekkery tussen verantwoordelikhede ten opsigte van verhoudings en huishoudelike pligte kan jou skuldig, gefrustreerd of bloot gedaan laat voel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die son, Mercurius en Venus besoek jou kommunikasiesone. Vind kreatiewe, nuwe maniere waarop jy persoonlik en aanlyn kan uitreik na ander mense in jou plaaslike gemeenskap.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Nuuskierigheid vier hoogty. Hou jou brein behoorlik gestimuleer, anders gaan jy jou neus in almal om jou se sake steek. Kan jy nie miskien iets prettigs saam met ’n vriend of familielid doen nie?

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Trek jou skaatse aan. Mercurius en Jupiter stuur ’n gelukkige kans deur sosiale media of verbindings in die gemeenskap. Maar jy sal oombliklik moet besluit; iets wat nou nie eintlik jou spesialiteit is nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hou op om jou tyd te mors deur ander mense te probeer beheer. Daar is wonderlike geleenthede in die omtrek, maar dit is beslis nie voor die hand liggend nie. Dit is op onverwagte plekke versteek en wag net om deur jou ontdek te word.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Haal jy die meeste uit die feit dat Jupiter in jou teken is en die planete jou netwerksone aktiveer? Jy kan – persoonlik en professioneel – gelukkige verbindings sluit, dus moet jy jou litte roer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou knap diplomatieke vaardighede word benodig, aangesien iemand in jou omgewing geïrriteerd voel en lus is vir baklei. Tree op en gedra jou soos die Weegskaal-vredemaker; maak net seker jy beland nie in die kruisvuur nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hou jou kop vandag deeglik aangeskroef en moenie toelaat dat vriende en familie jou emosieknoppies druk nie. Kanaliseer jou energie in die rigting van uitdagende take en genotvolle persoonlike projekte.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-23 Des.

Die wonderlike Mercurius/Jupiter-verbinding is gunstig vir werk, sake, geldsake en om voordelige professionele kontakte op te bou. Let wel, slim, gemotiveerde Boogskutters: Daar is geen grense nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Sport, sosiale aangeleenthede, studie, navorsing, verhoudings, kommunikasie, gesprekvoering, handel en reis lyk vandag gunstig weens die ligging van die planete. Dit behoort ’n bedrywige en stimulerende dag te wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is jou geldsake in ’n gemors? As jy aanhou doen wat jy doen, gaan jy aanhou kry wat jy kry. Jupiter en Mercurius moedig jou aan om geldsake op ’n slim en sinvolle manier te benader.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Romantiese verhoudings kry vandag ’n welkome inspuiting van die gelukkige Mercurius/Jupiter-verbinding. Dit is dus ’n goeie tyd om ’n wankelrige huwelik reg te ruk – of ’n nuwe liefde te vind.