Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Moenie te veel hooi op jou vurk neem nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe meer professionel ingestel jy in 2016 is, hoe suksesvoller sal jy wees. Moet egter nie jou persoonlike lewe in die proses afskeep nie.

RAM 21 Mrt - 20 Apr

Jou energievlakke is hoog so dis ’n goeie dag vir fisieke-, sport- en buitemuurse aktiwiteite en alle soorte kommunikasie. Ander sal jou entoesiasme inspirerend en aansteeklik vind.

BUL 21 Apr - 21 Mei

Jy sal dit geniet om vandag met familie en vriende te kommunikeer en julle sal idees uitruil en gevoelens openlik en opreg uitdruk. Maak seker jy bly oop vir nuwe idees.

TWEELING 22 Mei - 21 Jun

Met Saturnus in jou verhoudingsone sal talle verbintenissku Tweelinge oor die volgende drie jaar afhaak. Vir Tweelinge in verhoudings is dit tyd om daaraan te werk om jou romantiese verhouding te verbeter.

KREEF 22 Jun – 23 Jul

Jy sal die groter prentjie sien by die huis of werk, en dis wonderlik om toekomstige projekte met hope passie te beplan. Met die Maan en Jupiter wat in lyn beweeg, moet jy die drang weerstaan om meer te belowe as wat jy kan bied.

LEEU 24 Jul - 23 Aug

Om baas te speel oor ander is nie die beste manier om te kry wat jy wil hê nie. Help eerder ander om jou oogpunt in te sien met ’n entoesiastiese benadering, ’n oortuigende argument en slim wen-wen-strategieë.

MAAGD 24 Aug – 23 Sep

Jou huis is waar jy moet wees met die sterre wat jou huishoudelike sone stimuleer. Jou lewe is bedrywig met vriende onthaal, familie wat kom en gaan en daar is hope doen-dit-self-projekte om te takel.

WEEGSKAAL 24 Sep – 23 Okt

Jy en ’n kind, tiener of hegte vriend gaan dalk nie vandag dinge uit dieselfde oogpunt beskou nie. Wees eerlik in jou omgang met ander – en moenie dat iemand jou mislei nie.

SKERPIOEN 24 Okt – 22 Nov

Dis ’n slim plan om ’n goeie strategie te hê, veral met ingewikkelde familiekwessies en geldsake. Hoe praktieser jy vandag is, hoe produktiewer sal jy wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov – 21 Des

Jou loopbaan kry ’n welkome hupstoot danksy die geluksplaneet Jupiter, maar net as jy die harde werk doen wat daarvoor vereis word. As jy werksgeleentheide met kreatiwiteit en selfvertroue aanpak, is daar geen grense nie!

STEENBOK 22 Des – 20 Jan

Die Son en Pluto beweeg albei deur jou teken wat jou help vordering met persoonlike en professionele projekte maak. Jy is in ’n gefokusde gemoedstoestand en het ’n sterk sin van selfdissipline.

WATERDRAER 21 Jan – 19 Feb

Groepsaktiwiteite is vandag op die voorgrond soos jy talente saamsnoer en dinge saam ontdek wat onmoontlik op jou eie sou wees. Alles gaan egter nie seepglad verloop nie, so beweeg maar stadig oor die klippe.

VIS 20 Feb – 20 Mrt

Alle soorte verhoudings – van huwelik en sakevenootskappe tot vriende en kennisse – sal voordeel trek uit vandag se sterre wat Visse aanmoedig om positief, proaktief en progessief op te tree.