Jou sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar gaan jy jou lewe in oënskou neem en besluit om ontslae te raak van alles wat onnodig is. Terselfdertyd gaan jy die daad by die woord moet voeg of so nie stilbly.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas gaan glo aan die gesegde: Woorde wek, maar dade trek; hulle voeg die daad by die woord terwyl ander nog net daaroor praat. Hulle het ’n hegte band met hul huis en familie. ’n Goeie verbeelding gaan hulle die geheelbeeld help sien.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dis jammer dat jy vandag geringe gesondheidsprobleme kan ervaar, want Vrydag kan ’n besige tyd wees. Nou geniet jy dit ook om in beheer te wees sodat jy weet wat aangaan en wat jy volgende week kan verwag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou sterre vir die liefde en romanse lyk heel goed; dus is dit dalk ’n goeie idee om vroeg weg te spring sodat jy die aand en naweek op volle vaart kan begin. Jy kan ook laat in die dag ’n bietjie voorspoed verwag.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dis die einde van die week en jy handel ’n projek af wat al ’n hele ruk sloer. Die projek is amper beslis werkverwant en dit beteken jy moet volgende week ’n nuwe roetine aanleer. Maar dis eers volgende week.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die sterre dui aan jy gaan moet rondskarrel. Dit behels meestal dat jy take betyds moet afhandel sodat jy Maandag nuut kan begin. Dit is ’n goeie idee, maar ek weet nie of jy dit gaan regkry nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Geldsake is altyd vir die Boogskutter belangrik, vandag ook. Jy gaan jou banksaldo’s nagaan en kopkrap. Ek dink nie jy gaan dié naweek ’n vliegtuigvloot aanskaf nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Elke dan en wan kry jy ’n bevlieging en maak van hoek tot kant skoon; vandag is so ’n dag. Ek weet nie of jy veel daarmee gaan uitrig nie, maar jy gaan jouself beïndruk.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die Waterdraer haat dit wanneer ’n fout opduik weke of maande nadat dit veroorsaak is, en vandag kan sulke foute moontlik opduik. Die kosmiese boodskap is dus: Benader elke probleem versigtig.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die sterre is nou voordelig vir tyd deurbring saam met vriende en kollegas. Hierdie sterre dui die een of ander soort sosiale funksie aan wat môre en moontlik die volgende dag kan behels. Iemand gee jou ’n baie welkome geskenk.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Om die een of ander rede bou spanning op. Dit is iets wat jy in die kiem moet smoor, want soos met alle soortgelyke situasies gaan dit sweer en sal jy nie genoeg kan praat of pleit om dit stop te sit nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag bring taamlik goeie sterre vir amper alles. Pluto vertoef in jou negende hoek; dus is daar ’n goeie kans dat jy oor ’n eersdaagse troue of die een of ander godsdienstige plegtigheid nadink.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Iets fris jou geheue op en jy begin dink oor versekeringspolisse en bo alles, versekeringspremies. Jy moet die premies betaal, al beteken dit ander moet vir hul geld wag.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag bring kontak met groot groepe mense. Gewoonlik bring dié sterre vir jou die een of ander soort vermaak mee, soos ’n teater-opvoering of ’n lekker seekos-ete.