JOU DAG

Die son/Pluto-reghoek sorg vir ’n intense 24 uur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n uitdagende streep weg. In 2017 word reis en werk met mekaar verbind terwyl jy jou huidige kontakte uitbrei om ’n nuwe invloedryke, internasionale groep in te sluit. Enkellopendes, liefde wag aanlyn.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die volgende 24 uur lyk taamlik stresvol. Iemand – of iets – sal jou irriteer en jou geduld beproef. Vermy die versoeking om doellose magspeletjies met ander mense te speel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag net swart en wit sien wat kwessies betref nie. Daar is nou baie skakerings van grys terwyl jy jou pad deur ’n veranderende persoonlike of professionele landskap onderhandel en navigeer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is op jou uitgesproke beste – en onsensitiewe slegste – vandag. Jy het heelwat te sê, maar maak seker jy neem jou tyd om regtig te luister. Veral wat ’n kind, tiener of intieme vriend betref wat probleme ondervind.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Verhouding lyk vandag problematies aangesien ’n geliefde bevele en ultimatums uitdeel. Meer tegemoetkoming en samewerking is nodig – van albei kante – as jy trane voor slaaptyd wil verhoed.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Om ’n baasspelerige Leeu – of ’n veeleisende diva – te wees, gaan jou vandag nêrens bring nie. Om jou verhoudings te laat blom, sal jy jou geliefdes heelwat persoonlike ruimte moet toelaat en plek moet gee om te skyn.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag is gunstig wat betref kommunikasie, kontak en om met ander mense op strategiese maniere te gesels. Vermy dit om met iemand in ’n debat of rusie oor finansiële aangeleenthede of sakeplanne betrokke te raak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wat ’n persoonlike kwessie of gesinsake betref, kan dit dalk nodig wees om ’n paar ernstige vrae te stel en ’n stewige standpunt in te neem. Moenie talm nie. Jy gaan nie ver kom as jy op die draad bly sit nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die son gaan lê saam met jou kragplaneet, Pluto, wat jou temperamentele streek en beheerbehepte neigings te voorskyn laat bring. Hoe hardkoppiger jy is, hoe meer uitdagend gaan die volgende 24 uur raak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie die positiewe uitwerking wat jy in ’n groepsituasie kan hê, onderskat nie. Vandag moet jy persoonlike projekte tydelik na die agtergrond skuif terwyl jy jou moue oprol en ander mense help.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die potensiaal vir kragstruwelings is hoog, veral met gesagsfigure of kollegas. Jy sal sien hoe meer veeleisend jy is, hoe moeiliker gaan die volgende 24 uur raak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal verkies om ’n probleem op ’n openlike en doeltreffende manier te hanteer, maar dit gaan nie gebeur nie. Heelwat gaan onder die oppervlak aan en mense se motiewe is dalk nie wat dit blyk te wees nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Groepaktiwiteite of gesamentlike finansies lyk problematies omdat iemand dinge probeer oorneem. Jou natuurlike neiging is om uit te stel, maar hoe meer passief jy is, hoe meer stresvol gaan die dag raak.

© Joanne Madeline Moore